Huisgenoot

’N KIS VIR ’N KONINGIN

-

Die kis waarin koningin Elizabeth II begrawe is, het 250 kg geweeg en is aan die binnekant met lood verseël om te keer dat vog of nare reuke daaruit ontsnap, en om te sorg dat die liggaam langer bewaar bly.

Die kis is van Engelse eikehout gemaak en staan al meer as 30 jaar gereed om gebruik te word. Toe die gesinsonde­rneming Leverton & Sons in die vroeë 1990’s aangestel is as amptelike begrafniso­ndernemer vir die koningshui­s, was dié kis reeds gereed.

Engelse eikehout word deesdae baie selde vir doodskiste gebruik, het Andrew Leverton, eienaar van die ondernemin­g, aan die Britse koerant The Times gesê. “Eikehoutki­ste word die laaste jare van Amerikaans­e eikehout gemaak. Ek dink nie ons sou meer ’n kis van Engelse eikehout kon maak nie – dit sou te duur gewees het.

“Die koningin se kis is al dekades lank gereed; dis nie iets wat jy sommer in ’n dag aanmekaars­laan nie.”

Aangesien die kis so swaar is, moes dit deur agt soldate gedra word. Hulle moes minstens 1,85 m lank wees en moes rubberstew­els dra om te keer dat hulle gly. ’n Paar items is op die kis geplaas.

DIE IMPERIALE KROON

Aan die spits van die kis kom die blink kroon waarmee Britse vorste gekroon word en wat hulle met die parlements­opening dra. Dit bestaan uit ’n raam van suiwer goud en bevat meer as 3 000 juwele, waaronder 2 868 diamante, 273 pêrels, 17 saffiere, 11 smaragde en 5 robyne. Dié blink ornament is in 1937 vir die koningin se pa, koning George VI, gemaak. Een van die stene op die kroon is die Cullinan II, gesny uit die Cullinan I, die grootste ongeslypte diamant wat nog ooit opgegrawe is – in ’n myn in SuidAfrika.

DIE SOEWEREINE BOL

Die bol word aan Britse vorste oorhandig wanneer hulle gekroon word en is ’n “simbool van goddelike mag oor die wêreld”. Dit is in 1661 gemaak vir koning Charles II se kroning en word sedertdien op elke kroning gebruik. Dit is van goud gemaak en geset met smaragde, diamante, robyne, saffiere, pêrels en ’n ametis.

DIE SOEWEREINS­TAF

Dié 1 m lange staf, sedert 1661 deel van die koninklike versiering­s, verteenwoo­rdig die monarg se mag op aarde. Dit bevat nog ’n stuk van die Cullinan I-diamant – ook bekend as die Ster van Afrika – wat in 1910 deur George V daarop laat aanbring is. Verder bevat dit onder meer 333 diamante, 31 robyne, 7 saffiere, een ametis en 15 smaragde.

DIE BLOMME

Die ruiker op die kis bevat rose en roosmaryn, asook plante van die tuine by Buckingham­paleis, Clarence House en Highgrove House. In die middel van die ruiker is ’n mirtetakki­e van haar destydse trouruiker. Daar is ook ’n nota in die ruiker ingesluit van haar seun. Dit lui: “In liefdevoll­e en toegewyde herinnerin­g. Charles R.”

 ?? ?? Die koningin se kis in Westminste­r Hall. Nabye familie het om die beurt om die kis gewaak.
Die koningin se kis in Westminste­r Hall. Nabye familie het om die beurt om die kis gewaak.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa