Huisgenoot

HERENIGIND­IEGRAF

-

Toe prins Philip in April 2021 oorlede is, is hy in die koninklike grafkelder onder die St. George’skapel op die terrein van Windsorkas­teel begrawe. Sy kis is deur ’n spesiale gat in die kapel se vloer na die grafkelder laat sak, maar dit sou net ’n tydelike rusplek wees.

Die koningin wou ná haar dood met haar man herenig word, so ingevolge haar wense sal sy oorskot weldra geskuif word om te rus langs die vrou met wie hy 73 jaar getroud was.

Hul laaste rusplek is die King George VI Memorial Chapel op die terrein van die St. George’s-kapel. Haar ouers en haar suster, prinses Margaret, is ook daar ter ruste gelê.

 ?? ?? Die koningin by haar man van 73. Prins Philip sal nou by haar begrawe word.
Die koningin by haar man van 73. Prins Philip sal nou by haar begrawe word.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa