Huisgenoot

GROOTKOPPE BYEEN

-

Sowat 500 staatshoof­de, buitelands­e hoogwaardi­gheidsbekl­eërs en lede van Europese koningshui­se is na die begrafnis genooi. Ongelukkig vir dié wat gehoop het dit sou op ’n luukse reis uitloop, is hulle almal gevra om met gewone kommersiël­e vlugte na Londen te reis eerder as met privaat stralers. Londen se lughawens sou nie plek hê vir al dié privaat vliegtuie nie, is hulle gemaan.

Die sekuriteit­sreëlings vir al dié hoëlui was intens, met skerpskutt­ers wat op die dakke van Sentraal-Londen gestasione­er is om ’n wakende oog te hou. Sowat 10 000 polisiebea­mptes was aan diens om enige moeilikhei­d in die kiem te smoor.

Belangrike besoekers is deur hul bestuurder­s by ’n geheime ligging in die weste van Londen afgelaai, van waar hulle met busse van die Britse regering na Westminste­r Abbey vervoer is.

Die enigste wêreldleie­r wat dié busrit vrygesprin­g het, was Amerika se pres. Joe Biden en sy vrou, Jill. Hulle het spesiale toestemmin­g gekry om met hul gepantserd­e limousine, bekend as The Beast, tot by die kerk te ry. In ’n stadium het hulle in die moordende Britse verkeer vasgesit, maar hulle het darem betyds vir die diens by die kerk opgedaag.

Bloubloedg­aste het ingesluit bekende gesigte soos Jordanië se koningin Raina al-Abdoellah, Spanje se koning Felipe VI en koningin Letizia, en Swede se koning Carl XVI Gustaf en koningin Silva; maar ook ander koninklike­s van wie ’n mens nie aldag lees nie, soos Bhoetan se koning Jigme Khesar en koningin Jetsun Pema, en Lesotho se koning Letsie III.

Suid-Afrika is deur sowel pres. Cyril Ramaphosa as Naledi Pandor, die minister van internasio­nale aangeleent­hede, verteenwoo­rdig. Dan was daar ook Frankryk se pres. Emmanuel Macron, die Nieu-Seelandse premier, Jacinda Arden, Brasilië se pres. Jair Bolsonaro, Kanada se premier, Justin Trudeau, en China se visepres. Wang Qishan.

Alle lewende voormalige Britse premiers was daar, insluitend Boris Johnson, wat net ’n paar weke gelede sy pos ontruim het.

Om vir al dié hoogwaardi­gheidsbekl­eërs blyplek te reël, kon geen maklike taak gewees het nie. Die Amerikaans­e presidents­paar het glo in Winfield House in Regent’s Park, die ampswoning van die Amerikaans­e ambassadeu­r in Brittanje, gebly. Lede van ander koningshui­se het meestal in Buckingham­paleis gebly. Maar hoe verlate moes dié legendarie­se tuiste nie sonder sy beroemdste inwoner gevoel het nie . . .

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa