Huisgenoot

DIE ROKTWIS

-

Almal het gedink Victoria sou self haar nuwe skoondogte­r se trourok ontwerp. Maar gedurende haar seun en sy bruid se drie dae lange huweliksvi­eringe het Nicola nie ’n enkele skepping deur haar skoonma gedra nie en eerder in vere deur Dior, Versace en Valentino gepronk.

Nicola en Brooklyn het albei vure hieroor probeer doodslaan, en hy het volgehou: “Almal kom goed oor die weg.”

Maar daar is teenstrydi­ge stories. ’n Ingeligte bron het aan die Daily Mail verklap Nicola het haar skoonma wel toegelaat om vir haar ’n trourok te ontwerp, maar sy het nooit beplan om dit te dra nie. “Dis soos wanneer jou skoonma sê hulle maak die beste frikkadell­e. Jy haat frikkadell­e, maar jy laat hulle dit in elk geval kook. Dis presies wat gebeur het. Nicola was nooit, ooit van plan om dit te dra nie.”

 ?? ?? Die onenigheid tussen Posh en Nicola het blykbaar begin toe Nicola besluit het om ’n Valentino-trourok te dra pleks van ’n Victoria Beckham-ontwerp.
Die onenigheid tussen Posh en Nicola het blykbaar begin toe Nicola besluit het om ’n Valentino-trourok te dra pleks van ’n Victoria Beckham-ontwerp.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa