Huisgenoot

MARGIT MEYER-RÖDENBECK

-

LUCA (13), dogter van Margit en haar man, JURG HUMAN, se eerste groot kennismaki­ng met die verhoog was toe sy in 2015 Mattewis in haar ma se pantomime Liewe Heksie: Flower Power gespeel het. Sedertdien was Luca al te sien in die kortfliek Die maan val bewusteloo­s en in skoolkonse­rte, en doen sy ook oorklankin­gswerk. “Sy is baie op die verhoog en dit lyk vir my dit voel vir haar soos ’n veilige ruimte. Sy sing en speel kitaar en klavier. Toneelspel is beslis haar uitlaatkle­p,” sê Margit. Luca het ook onlangs ’n rits pryse op die Tygerberg Internasio­nale Eisteddfod ontvang. “As ek haar dophou, hoe sy haar kreatiwite­it uitleef, dan is ek in bewonderin­g, en soms vergeet ek sy is my kind. Dan sien ek haar net as ’n medekunste­naar, en dis seker die grootste kompliment wat ek my eie kind kan gee. Terselfder­tyd moet ek sê ek weet nie of ek altyd wil hê sy moet in my voetspore volg nie. Dis ’n moeilike bedryf.”

 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa