Huisgenoot

1 ‘EK HOOP HIER’S SINGLE MANS!’

Amor Vittone se opmerking op VIA se Kom ons braai: Celebs het die tonge aanlyn laat klap; sommige kommentare was vleiend, maar ander nié

-

Ag, die arme Amor, sy’t net ’n ou grappie gemaak. Sy’s dan saam met ’n groot grapjas op die program gewees. Leef en laat leef, mense. Sy’s eintlik ’n baie aangename mens met klas. Moenie altyd die bobbejaan agter die bult gaan haal nie.

MAGRIET

Sy wil eintlik net daarmee sê sy soek skatryk single ouens. Sterkte vir jou, Amor. Ek hoop regtig jy kry hom. ELRO

Ek is mal oor haar. Ek het haar al ’n paar keer ontmoet. Sy is ’n lieflike mens wat baie drama beleef het, en dit moes hanteer. Baie ander mense sou net op ’n hopie gaan sit het as hulle in haar skoene was. PETRO

Ai, gun tog die vrou ook ’n plekkie in die son! Wie is ons om haar te oordeel? Wat sy met haar lewe doen, het tog niks met niemand uit te waai nie. Sy is ’n sprankelen­de en talentvoll­e vrou. KARIN

 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa