Huisgenoot

TERREUR EN BEVRYDING: DIE ANC/SAKP, DIE KOMMUNISME EN GEWELD (19611990)

Deur LEOPOLD SCHOLTZ Jonathan Ball, R245*

-

Wit-swart denke stuit die joernalis en historikus Leopold Scholtz teen die bors. “Dit druis in teen my eie waarneming dat die lewe in die praktyk nie spierwit teen pikswart is nie, maar genuanseer­d verskillen­de skakerings van grys.”

Scholtz plaas die verhouding tussen die ANC en die Suid-Afrikaanse Kommunisti­ese Party en die invloed van die kommunisme, asook die ANC/SAKP se optrede in ballingska­p onder die loep.

Hy wys onder meer hoe die SAKP reeds in 1928 opdrag van die Kremlin ontvang het om die ANC te infiltreer.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa