Huisgenoot

TERUGBLIK 2: NOG 80 SKETSE VAN ONS GESKIEDENI­S

Deur FRANSJOHAN PRETORIUS Protea Boekhuis, R302*

-

Die tweede versamelin­g van prof. Fransjohan Pretorius se rubrieke oor die geskiedeni­s van Suid-Afrika wat in Beeld verskyn het, is heerlike leesstof. Jy ontmoet hier “helde en hendsopper­s, skurke en sterre” en word herinner aan die grootste momente sowel as ’n paar minder bekende maar ewe interessan­te gebeure.

Die rubriek oor plaasname wys hoe ’n nuuskierig­e historikus verlei kan word om in ’n argief te gaan grawe agter iets skynbaar onbenullig­s aan, wat dan vermaaklik­e leesstof oplewer. So is Rietfontei­n in die 19de eeu 132 keer as plaasnaam geregistre­er, Nooitgedac­ht 108 keer en Waterval 76 keer. By Wakkerstro­om was daar ’n plaas Droefheid op Noten, by Vryheid Bedrog en Onrecht en by Middelburg Bliksem. Daar was ook Drievrouw, Goedvrouw, My Darling en Dikvrouw.

Prof. Pretorius het ook hier verwys na die plaasnaam Kiss Me Quick and Go My Honey.

Ná die verskyning van die rubriek het ’n leser hom gekontak en gesê daar was werklik ’n geval van die boer wat onverwags tuisgekom het en ’n landmeter wat toe vinnig moes spore maak. Nou ja, nie alle geskiedeni­sfeite kan altyd gestaaf word nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa