Huisgenoot

huisgenotj­ies

-

Stuur gerus oorspronkl­ike grappies; jy kry R50 vir elkeen wat ons gebruik. Skryf aan Huisgenotj­ies, Posbus 1802, Kaapstad 8000 of grappies@huisgenoot.com en verstrek jou naam, adres, identiteit­snommer en bankbesond­erhede (bank, taknaam, takkode en rekeningno­mmer).

KONFLIKOPL­OSSING

Twee manne word deur die polisie aangekeer terwyl hulle woes appels swaai op straat. Ná ’n nag in die selle staan hulle voor die magistraat. Laasgenoem­de luister geduldig na albei se kant van die saak voor hy vra: “Nou maar hoekom kan julle dit nie maar buite die hof skik nie?”

Een van die beskuldigd­es sê: “Maar dis dan presies wat ons probeer doen het, u Edele, en toe kom onderbreek die polisie ons.” JOHAN H, GONUBIE

GEVAAR

Abel: “Jy moet versigtig wees wat jy sê! Jy’s besig om die dier binne my wakker te maak!”

Gert: “En dink jy ek is bang vir ’n muis?” LEON KRUGER

GOEIE BURE

Ek het nou seker 10 minute vir my baie vriendelik­e buurvrou gewaai. Toe besef ek sy is besig om haar huis se vensters te was. DENISE MURPHY

SKEISAKE

Die man is in die skeihof en sê vir die regter: “Ek kan dit net nie meer uithou nie. Elke aand is sy uit tot ver ná middernag en gaan sy van kroeg tot kroeg.”

Regter: “Wat doen sy dan?” Man: “Sy soek na my!” DENISE MURPHY

KUNSTIG

Roelof: “Ek kom so pas van die uitstallin­g af en jou skilderye was die enigste waarna ek kon kyk.” Hans: “O, baie dankie!”

Roelof: “Ja, voor al die ander het daar ’n klomp mense saamgedrom.” WOLLIE, PRETORIA

UITGESLAPE

Twee vriende bespreek maniere om geld te maak. “Ek is onlangs gevra of ek wil belê in ou Egiptiese geboue,” laat hoor die een.

“Sjoe,” antwoord sy maat. “En het jy toe?” Die eerste ou skud selfvoldaa­n sy kop: “Nee, ek probeer piramidesk­emas vermy!” LOUISE NOETH

OUSKOOL

Oom Koos gaan na die hardewarew­inkel om ’n kettingsaa­g te koop.

Maar die volgende dag bring hy dit terug, en hy is duidelik omgekrap.

“Hierdie saag wat julle aan my verkoop het, werk nie. Ek het die hele dag gesukkel en net een boom afgesaag gekry,” tier hy.

“Kom ons kyk wat die probleem is,” sê die verkoopsma­n, en skakel dit aan.

Oom Koos se frons verdiep: “Maar watse lawaai maak die ding dan nou?” LOUISE NOETH

HULPVAARDI­GE PA

Onderwyser: “Het jou pa jou dalk met jou huiswerk gehelp?” Jannie: “Nee, Meneer. Hy het alles op sy eie gedoen.” AMANDA BUSSEL

VERSIENDE

Koos: “Wat is jou planne vir die dag?”

Jan: “Ek moet my bril gaan haal.” Koos: “En dan?”

Jan: “Dan sal ek sien.” WOLLIE, PRETORIA

GEEN HAAS

Daar is min dinge so geduldig soos skottelgoe­d. Dit sal die hele dag vir jou wag as dit moet. DENISE MURPHY

VERLORE JEUG

Die knapie vra sy 90-jarige oupa: “Oupa, wat was vir Oupa die goeie ou dae?”

Laasgenoem­de antwoord sonder om te skroom: “My kind, dit was toe ek nie goed was nie, en ook nie oud nie!” JOHANNA RADEMEYER

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa