Huisgenoot

DIE VROU AAN SY SY

-

Op ’n ouderdom dat die meeste mense by die see gaan aftree, begin Charles die werk waarna hy sy lewe lank uitgesien het. Die steun van sy vrou sal dus vir hom besonder belangrik wees.

Haar warm persoonlik­heid en die manier waarop sy nooit die kollig by haar man probeer steel nie, vind byval by die publiek, en kenners voorspel sy sal aanhou om op die agtergrond te werk aan kwessies wat haar na aan die hart lê.

“Sy doen haar werk baie goed,” sê iemand wat haar ken aan People. Sy doen veral haar deel vir organisasi­es wat hulle vir vroueregte beywer en gesinsgewe­ld beveg.

Sy geniet dit blykbaar om namens haar man amptelike geleenthed­e waar te neem. Dis vir haar lekker om skole te besoek, op amptelike kuiertjies aan versnaperi­ngs te smul, en selfs op oorsese toere danspassie­s te leer.

“Camilla maak Charles vrolik,” sê ’n vriend. “Om hulle saam te sien gee ’n mens ’n idee van hoe die toekomstig­e monargie kan lyk.”

 ?? ?? Die koninklike egpaar voer in Maart vanjaar ’n tradisione­le Ierse dans uit in ’n kultuursen­trum in die suide van Ierland.
Die koninklike egpaar voer in Maart vanjaar ’n tradisione­le Ierse dans uit in ’n kultuursen­trum in die suide van Ierland.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa