GEMARINEERDE EIERVRUGSOSATIES
LEWER 8 SOSATIES / BEREIDING EN GAARMAAK: 40 MIN.
2 eiervrugte
5 ml (1 t) sout, vir oorsprinkel 1 rooi-ui, in kwarte gesny
45 ml (3 e) sesamsaad, vir voorsit 1 stingelui, fyngekap, vir voorsit
MARINADE
80 ml ( k) sojasous
125 ml (½ k) lemoensap
30 ml (2 e) rysasyn 15 ml (1 e) bruinsuiker
60 ml (¼ k) esdoringstroop 3 knoffelhuisies, fyngekap
5 ml (1 t) gerasperde gemmer
10 ml (2 t) sesamolie 30 ml (2 e) suurlemoensap
10 ml (2 t) srirachasous (opsioneel) 15 ml (1 e) mielieblom
Voorverhit die oond tot 180 °C. Hou 8 sosatiestokkies byderhand.
1 Sny die eiervrugte in skywe van 2 cm dik. Sprinkel die sout eers aan die een kant en dan aan die ander kant oor en laat sweet 5 min. Spoel die skywe goed af en druk droog met kombuispapier.
2 Prik die eiervrugskywe oraloor met ’n vurk of ’n sosatiestokkie en sny elkeen in kwarte.
3 Marinade Meng al die bestanddele buiten die mielieblom in ’n kastrol oor hoë hitte. Verlaag die hitte effens en roer tot die suiker en stroop opgelos het. Jy kan dit ook in die mikrogolfoond doen. 4 Verwyder van die hitte en laat effens afkoel. Plaas die eiervrugkwarte in die marinade en laat 30 min. staan. 5 Wissel af met die rooi-ui en ryg die gemarineerde eiervrug en ui om die beurt aan elke sosatiestokkie. 6 Meng die mielieblom met 30 ml (2 e) water om ’n gladde pasta te vorm. Voeg die pasta by die oorblywende marinade en verhit op die stoof of in die mikrogolfoond tot die sous verdik. 7 Sit die sosaties op ’n bakplaat en verf met die oorblywende marinade. Bak 20 min., draai om en bak nog 1015 min. of tot die eiervrug sag is. 8 Verwyder uit die oond en sprinkel die sesamsaad en stingelui oor die sosaties net voor jy dit voorsit.