Kyk net hier!
Hier is die jongste aanbiedings van ons adverteerders – van nuwe produkte tot winskopies
Nuwe seisoen, nuwe rok
Die beste manier om die nuwe seisoen te vier is met ’n nuwe silhoeët, ’n onverwagte kleur of stylvolle detail. By Miladys sal jy ’n verskeidenheid rok-opsies kry vanaf R299 in groottes S tot 3XL. Vind die perfekte een; dit kan valletjies hê, ’n slooprok of ’n A-lyn wees, in midi- of maksi-lengtes, met patrone of sonder, met afwerkings of in ’n eenvoudige styl – jy kan weet daar sal vir jou ’n rok wees! Koop in Miladyswinkels of aanlyn by www.miladys.com.
24-uur-beskerming teen kieme
’n Netjiese huis is nie noodwendig ’n huis sonder kieme nie. Dié grillerige goed is kleiner as wat die oog kan sien en hulle is oral. MAQ Multipurpose Thick Bleach bevat ’n doeltreffende skoonmaakmiddel en ’n sterk bleikmiddel sodat dit skoonmaak en ontsmet in een en jou huis higiënies skoonmaak. Dit gee jou 24-uur-beskerming teen kieme. MAQ maak 99,9% van kieme, virusse en bakterieë dood. Beskikbaar in supermarkte landwyd.
Kalmte in ’n bottel
Solal® Ashwagandha bevat gekonsentreerde ashwagandha-ekstrak. Vroëe studies wys dit bied matige stresverligting vir die brein en liggaam deur die chemiese reaksies wat in jou lyf plaasvind as gevolg van stres te beperk.
Dis ’n gerieflike, natuurlike opsie as jy aan matige angs of hoë stresvlakke ly. Elke bottel bevat 60 kapsules. Besoek solal.co.za vir nog inligting of vind die perfekte Solal produk vir jou by your.solal.co.za.
Power Gro – groei wat hou
Droom jy van langer, sterker en gesonder hare? Beproef Power Gro-kapsules, Power Gro-haarjel en Power Gro-haarvoedsel. Dit bevat unieke mengsels van vitamiene en minerale wat spesifiek geformuleer is om jou hare die voeding te gee wat dit benodig. Dring aan op egte Power Gro-produkte van GM Pharmaceuticals. Dit is by apteke en uitgesoekte winkels beskikbaar. Kry dit nou by takealot.com of gaan na gmpharm.co.za.
Reis met dié drankie
Heerlike Tangled Tree-wyn kom in ’n byna onbreekbare, ligte PET1-bottel, wat ’n laer koolstofvoetspoor as glasbottels het en dit ideaal maak vir die buitelug en reise. Die reeks is ook beskikbaar in ’n gerieflike 3 L-Sak-in-’n-boks in Tropical Sauvignon Blanc, Butterscotch Chardonnay, Chocolate Cabernet en Spicy Shiraz. Dit is beskikbaar by uitgesoekte winkels en aanlyn by www.vanloveren. co.za. Volg hulle op Instagram by @tangledtreewines en Facebook @tangledtreewines.
Velsorg vir mans
Die internasionaal erkende versorgingshandelsnaam vir mans Bulldog Skincare bied spesifiek geformuleerde produkte wat vir die manlike vel geskep is. Hul oogmerk is om eenvoudige velsorgopsies met ’n etiese bewustheid beskikbaar te stel. Elke produk in die reeks is geformuleer deur kenners wat die krag van natuurlike bestanddele soos aalwyn, camelina en groentee ontsluit. Bulldog is eksklusief by Clicks en clicks.co.za beskikbaar