LEER KINDERS OOR GEESTESGESONDHEID
lank skool toe te ry en dan sewe uur lank skool te gaan.
“Dan kom sy huis toe en ek het nie eens tyd om saam met my kind deur te bring nie. Ek maak aandete, help met huiswerk, en dan is dit slaaptyd.”
OOK Nina*, ’n ma van Centurion, glo dis ’n goeie idee om kinders soms te laat stokkies draai vir hul eie beswil. Sy laat haar negejarige dogter soms uit die skool bly, selfs wanneer sy nie siek is nie, wanneer sy weet die kind is oormoeg.
“Dinge is deesdae vir kinders moeiliker weens die sosialemedia-omgewing waarin ons leef,” sê Nina.
Sy maak dit egter nie ’n vaste reëling soos Noella wat dit elke maand doen nie. Dit is net vir wanneer haar kind dit volgens haar nodig het.
Dit is belangrik dat ouers raaksien wanneer hul kinders ekstra rus nodig het, glo sy. Daar kan ’n maand wees waar jou kind floreer en alles piekfyn loop, en dan is daar ander maande wanneer die kind onder baie druk is.
EKSTRA BRONNE: DAILYMAIL.CO.UK, NETMUMS.COM
Jy moet ook weet wat vir jou kind reg is.
“Elke kind is anders. Party kinders kan meer gestres raak omdat hulle akademiese dinge misloop,” meen Nina. “’n Sesjarige sal nie te veel misloop nie, maar as jy ’n ouer kind het wat oor so iets gestres raak, is dit nie ’n goeie idee nie.”
Mense is deesdae meer bewus van geestesgesondheid, sê sy. “Voorheen was daar nie ’n woord daarvoor nie. Jy het nie die woordeskat gehad om daaroor te praat nie.
“Maar nou is daar meer blootstellings en jy het gesprekke met jou kind daaroor. Dit maak hulle bewus van waar hulle hulle bevind, hoe hulle voel en hoe hulle reageer.”
Linda*, ook ’n ma van Centurion, voel anders. Sy glo geestesgesondheid is belangrik, maar dink kinders se vrye tyd moet liewer vir oor naweke geskeduleer word.
“Ek voel ons maak ’n generasie swak kinders groot. Ons leef in tawwe tye en ons moet ’n manier vind om daarmee om te gaan, maar nie deur die dag af te vat nie. Dis asof ons sê dis aanvaarbaar om tou op te gooi.
“Ja, dis oukei om soms tyd af te vat, maar dit doen jy op Saterdag of Sondag. Die lewe gaan aan, selfs op moeilike dae,” sê Linda.
Haar 13-jarige dogter is in gr. 7. Linda gee toe sommige kinders het ’n swaar werklas. Maar sy glo dis ’n ouer se plig om ’n kind te leer hoe om hul tyd en stres te bestuur.
“Kyk na meganismes om kop te hou en stres te verlig – gaan ry fiets, stap, kry ’n roomys. Kom ons bespreek jou uitdagings eerder as dat jou eerste opsie is om nie skool toe te gaan nie.”
As ouers hul kinders kan leer hoe om stres te bestuur en op ’n emosionele vlak vir hulself te sorg, sal gereelde geestesgesondheidsdae waarskynlik nie nodig wees nie, sê die berader Cayley Jorgensen.
Hier is wenke oor hoe om dit te doen.
Hou ’n oog op jou kind se emosionele welsyn, akademiese vordering en sosiale interaksie sodat jy tekens van stres en angstigheid kan
IT kan natuurlik soms goed wees vir kinders om hulle ’n dag van skool te laat afvat, sê Cayley Jorgensen, ’n berader en stigter van Ingage Support, ’n platform wat ourskapsberading en voorligting aanbied.
’n Goed beplande dag weg van die skool kan kinders ’n waardevolle geleentheid gee om hul batterye te herlaai en te ontspan. Dit sal hul gesondheid oor die algemeen bevoordeel.
“Dit laat hulle toe om tydelik weg te tree van die eise van hul daaglikse roetine,” sê sy.
Die doeltreffendheid daarvan hang egter af van hoe dit hanteer word, sê sy.
Ja, dit is belangrik dat kinders tyd het om te rus en nie oorweldig voel nie, maar ouers moet versigtig wees dat dit nie te veel gebeur nie. Moenie toelaat dat daar ’n patroon ontstaan waar die kind verantwoordelikhede ontduik nie.
“Om sulke geestesgesondheidsdae te oorbenut of misbruik, kan onvoorsiene gevolge hê, soos om jou kind se opvoeding te ontwrig.”
Maar Lizelle Abrahams, hoof van Parkside Primary School in Oos-Londen, sê dit is onaanvaarbaar om ’n gesonde kind uit die skool te hou, selfs vir een dag.
Dit sit bykomende druk op die kind, die onderwysers en die skool, want daardie kind sal moet werk inhaal wat hulle misgeloop het.
“Daar is baie tyd ná skool of oor die naweek vir kinders om te ontspan en tyd saam met hul ouers deur te bring.”
Gereelde geestesgesondheidsdae kan kinders die idee gee dat hulle altyd vrye tyd kan kry as hulle wil, sê sy. * Skuilname sien – en enige probleme vinnig kan takel.
Moedig jou kind se onafhanklikheid en probleemoplossingsvaardighede aan deur hulle dinge sonder jou bystand te laat doen – uiteraard met inagneming van wat vir hul ouderdom gepas is. Dit help hulle veerkragtigheid leer, asook die vermoë om uitdagings die hoof te bied.
Wees ’n goeie rolmodel van veerkragtigheid, stresbestuur
D‘ONS MAAK ’N GENERASIE SWAK KINDERS GROOT’
en ’n gesonde, gebalanseerde lewe.
Moenie die kind met te veel buitemuurse aktiwiteite opsaal nie – dit vererger stres.
Sorg vir gereelde gehaltetyd saam, soos uitstappies, speletjiesaande en ander gedeelde aktiwiteite. Dit gee jou en jou kind die geleentheid om te ontspan en ’n band te vorm.
Maak seker jou kinders slaap genoeg en op gereelde tye, en dat hulle gesond eet.