KARAMELSKYWE met SJOKOLADE-GANACHE
GENOEG VIR 18 SKYWE / BEREIDING EN BAK: 90 MIN.
KOEKIEBASIS
125 g ongesoute botter, gesmelt 200 g ligte bruinsuiker
120 g koekmeel 50 g fyn klapper ’n knippie fyn kaneel
50 g melksjokolade van goeie gehalte, grofgekap
KARAMELVULSEL
80 g ongesoute botter, in blokkies gesny
80 g ligte bruinsuiker
5 ml (1 t) vanieljeekstrak
395 ml kondensmelk
90 g donkersjokolade van goeie gehalte
GANACHE-BOLAAG 250 g melksjokolade van goeie gehalte
100 ml kloproom 5 ml (1 t) vanieljeekstrak
30 g vloeibare glukose
’n knippie seesout
Voorverhit die oond tot 160 °C. Smeer ’n bakplaat van 27,5 x 17,5 cm en 3,5 cm diep met botter en voer die bodem en die kante met bakpapier uit.
1 Basis Plaas die gesmelte botter en bruinsuiker in ’n bak en meng goed met ’n houtlepel. Voeg die meel, klapper en kaneel by en meng goed. 2 Voeg die melksjokolade by en meng goed deur. 3 Versprei die mengsel eweredig op die bodem van die bakplaat en druk dit stewig vas. Bak 15 min. Haal uit die oond en laat eenkant afkoel. 4 Verminder die oond se temperatuur tot 140 °C.
5 Karamelvulsel
Plaas die botter, bruinsuiker en vanielje in ’n kastrol en verhit oor matige hitte tot die botter gesmelt en die suiker heeltemal opgelos het. 6 Verlaag die hitte, voeg die kondensmelk by en roer aanhoudend tot die mengsel liggies begin prut. Hou aan roer en laat kook nog 3 min. of tot die mengsel effens begin verdik. 7 Verwyder van die hitte, voeg die donkersjokolade by en roer tot die sjokolade gesmelt en goed by die karamel ingemeng is. 8 Giet die karamelvulsel oor die kors en versprei dit mooi eweredig. Bak sowat 25 min. 9 Haal uit die oond en laat staan eenkant tot die karamel heeltemal koud is.
10 Ganache Plaas die sjokolade in ’n glasbak. 11 Plaas die room, vanielje, glukose en sout in ’n kastrol en bring tot kookpunt oor matige hitte. Giet die mengsel oor die sjokolade en meng tot die sjokolade heeltemal gesmelt het en goed ingemeng is.
12 Giet die ganache oor die afgekoelde karamellaag en versprei dit eweredig. (Jy kan die ganache uitlos as jy die skywe minder ryk wil maak.)
13 Plaas minstens 30 min. in die yskas om hard te word.
14 Verwyder die karamelskywe uit die pan en sny dit in 18 reghoeke van sowat 9 x 2,8 cm.
15 Jy kan die skywe tot 2 weke by kamertemperatuur in ’n lugdigte houer bêre.