BOOGSKUTTER
22 NOV – 20 DES Ongeduld kan soms jou grootste vyand wees, so probeer om nie oorhaastig te wees om dinge af te handel of op die laaste lyn te teken nie. Verwarring oor ’n huishoudelike kwessie lyk dalk oppervlakkig, maar baie foute is in die proses gemaak en die detail is oor die hoof gesien. Jy en jou wederhelf is ten minste op ’n goeie plek om openlike gesprekke oor belangrike besluite, veral oor geld, begrotings en skuld, te hê.
GELUKKIGE NOMMERS
9, 21, 32, 42, 27, 18
STEENBOK
21 DES – 20 JAN
Herinner jouself jy is inherent ’n versigtige mens en nie iemand wat daarvan hou om risiko’s te neem nie. Al het jy rede om optimisties te wees rondom die 18de, is die kans goed dat iets weggesteek of nie geopenbaar word nie. Terwyl jy dus dink dis ’n goeie transaksie, is dit dalk glad nie die geval nie. Nou is ook nie die tyd om in die strik te trap en ’n slagoffer te wees nie – jy is nie een nie en die beeld pas beslis nie by jou nie.
GELUKKIGE NOMMERS 14, 28, 43, 46, 40, 20
WATERDRAER
21 JAN – 18 FEB
Dis tans maklik vir ander, veral vriende, om voordeel te probeer trek uit wat hulle weet jou swakpunte is en jou skuldig te laat voel. Probeer dus daarvan bewus wees in jou omgang met ander. ’n Rooivlagsituasie rondom geld kan vermy word as iemand jou ’n lening vra of om hulle te help. Dink daaraan as liefdadigheid as jy nie ’n manier kan vind om nee te sê nie. Jou wederhelf is dalk nie te beïndruk met so ’n situasie nie, maar moenie skaam wees nie, en neem verantwoordelikheid daarvoor. GELUKKIGE NOMMERS 20, 35, 40, 44, 38, 26
VISSE
19 FEB – 20 MRT
Dit is te verwagte dat jy ’n bietjie broos kan voel wanneer die son en jou heersende planeet, Neptunus, op die 17de teen mekaar te staan kom. Sit tyd opsy vir selfsorg, of dit nou fisiek, emosioneel of geestelik is. Sien dit as voedsel vir jou liggaam en siel, en probeer om nie te doen wat jy gewoonlik vir ontvlugting doen nie. Hou die kommunikasiekanale oop met jou vriende wat tans jou reddingsboei is. GELUKKIGE NOMMERS 9, 29, 38, 44, 36, 21
RAM
21 MRT – 19 APR
Wees bedag daarop om meer te belowe as wat jy kan lewer, veral met betrekking tot werkprojekte wat aansienlike bedrae geld vereis. Tensy jy ’n stewige fondasie het, kan dit net ’n kaartehuis verteenwoordig wat op sigself in duie stort. ’n Aanbod, moontlik met internasionale konneksies, kan baie aanloklik lyk, maar is waarskynlik te goed om waar te wees. Kyk wat rondom die 18de gebeur en gebruik dit om jou te lei, maar moenie vir ’n bedrogspul val nie.
GELUKKIGE NOMMERS
5, 29, 49, 51, 42, 26
BUL
20 APR – 20 MEI
Al is uitbreiding vir jou belangrik, moet jy versigtig wees om dit oorhaastig en sonder goeie beplanning te doen. Te veel te gou kan dalk net jou ondergang wees, tensy jou navorsing deeglik en gedetailleerd is. Dit is ’n uitstekende tyd om jou kennis uit te brei, of jy nou ’n kursus doen, jou vaardighede opknap of meer oor ’n heeltemal nuwe vak leer. Reis is ’n groot moontlikheid. GELUKKIGE NOMMERS 52, 26, 13, 5, 25, 37
TWEELING
21 MEI – 20 JUN
Die onbekende en raaisels in die lewe lok jou hierdie week, en as jy ’n tipiese Tweeling is, sal jy graag daaroor wil oplees, navorsing doen en dieper delf. Dis ’n goeie idee om dit dalk eers vir jouself te hou en nie met ander te deel nie, anders kan jy dalk gespot word. As jy tans ontevrede voel met jou werk, neem kennis dat dit ’n verbygaande fase is en moontlik ’n klimaks rondom die 17de kan bereik. GELUKKIGE NOMMERS
15, 20, 43, 47, 27, 17
KREEF
21 JUN – 21 JUL
Al smag jy dalk na ’n vakansie as ’n manier om weg te kom van ’n moeilike situasie by die werk, weet jy dit kom neer op weghardloop van jou probleme. Probeer om wat ook al jy die 17de wil vermy vierkant in die oë te kyk en om deernis met jouself te hê in die situasie. Dit kan ’n heerlike sosiale tyd wees om saam met jou vriende deur te bring, insluitend jou wederhelf. Lag is ’n goeie manier om stres te verlig. GELUKKIGE NOMMERS
17, 33, 49, 50, 35, 19
LEEU
22 JUL – 22 AUG
Met die son wat tans deur jou kreatiwiteitshoroskoop beweeg, beleef jy oomblikke van inspirasie wat goeie werk kan oplewer. Jou intuïsie is veral skerp teen die 17de, en jy sal dalk goeie idees wil neerskryf voor dit in die lug verdamp. Wees bedag daarop dat finansiering jou nie hoef te keer om jou idees uit te voer nie, maar maak dubbeld seker jou werk is in orde voor dinge te ver gegaan het. GELUKKIGE NOMMERS
4, 18, 44, 46, 20, 15
MAAGD
23 AUG – 22 SEP
Jy en jou maat/eggenoot maak oënskynlik baie toekomsplanne, en vir eers stoom dinge lekker voort. Met albei jou heersende planete wat agteruitbeweeg, kyk of een of albei van julle nie dalk ’n verkeerde rigting ingeslaan het nie. Die laaste ding wat jy wil hê, is om geld te bestee aan iets wat op die ou end nie gaan uitwerk nie. Stem saam om vir eers oor huishoudelike besluite te verskil. Dit kan later uitgestryk word.
GELUKKIGE NOMMERS 13, 33, 45, 47, 36, 28
WEEGSKAAL
23 SEP – 22 OKT
Jy ly miskien op die oomblik aan ’n gebrek aan konsentrasie by die werk, veral as jy voel jy dagdroom gereeld. Die oplossing kan wees om jouself toestemming te gee om vir kort tye te ontsnap, solank dit nie die gehalte van jou werk beïnvloed nie. Gesprekke oor die toewysing van geld om opknappings aan jou woonplek te doen sal noodwendig tot besprekings oor jul geldsake lei. GELUKKIGE NOMMERS 20, 24, 29, 52, 27, 21
SKERPIOEN
23 OKT – 21 NOV
Dit is bekend dat jy ’n sesde sintuig het, en hierdie week is jou instinkte in die kol en laat die alarmklokke lui. Dit gaan veral oor ’n belegging of ander soortgelyke geldsaak, veral as jy voel dit is te veel van ’n waagstuk. Gelukkig is jy geneig om deur swendelaars te sien, so neem kennis en wees bewus van mense wat jou wil inloop. Al is daar ’n paar meningsverskille tussen jou en jou maat, verloop gesprekke goed.
GELUKKIGE NOMMERS 18, 29, 38, 51, 34, 27