DON PEDROCREMORATERT
LEWER 8-10 PORSIES / BEREIDING: 30 MIN. VERKOEL: 4-6 UUR OF OORNAG KORS
200 g sjokoladekoekies, fyngemaak 100 g botter of margarien, gesmelt
VULSEL
250 ml (1 k) Cremorapoeier 250 ml (1 k) yswater 1 x 375 g-blik kondensmelk
125 ml (½ k) suurlemoensap
45 ml (3 e) Amarula (opsioneel)
10 g gelatien, gespons in 45 ml (3 e) water
AFRONDING
80 g donkersjokolade, fyngekap 60 ml (¼ k) room 10 ml (2 t) fyn kitskoffiepoeier
Voer die bodem van ’n 24 cm- ronde losboomkoekpan met bakpapier uit en bespuit goed met kossproei. (Vir ’n dikker tert kan jy selfs ’n 20 cm-pan gebruik.)
1 Kors Meng die koekiekrummels en botter of margarien goed. Druk die mengsel stewig en eweredig op die bodem en halfpad teen die kante van die koekpan vas. Verkoel in die yskas tot nodig.
2 Vulsel Klits die Cremorapoeier en yswater in ’n groot mengbak met ’n elektriese handklitser tot romerig. Voeg die kondensmelk by en klits tot goed gemeng. 3 Voeg die suurlemoensap by en klits tot die mengsel begin verdik. Klits die Amarula by, indien gebruik. 4 Verhit die gelatien 10-15 sek. in die mikrogolfoond of tot net gesmelt. Klits die gelatien vinnig by die Cremoramengsel. 5 Skep die mengsel in die koekpan en versprei eweredig. Verkoel 4-6 uur of oornag in die yskas.
6 Afronding Plaas die sjokolade en room in ’n mikrogolfvaste bak en verhit 30 sek. Meng goed en verhit nog 30 sek. Roer tot die sjokolade gesmelt is en verhit nog 30 sek.
7 Giet die sjokoladesous oor die tert en verkoel nog 30 min. tot 1 uur in die yskas of tot die sjokolade gestol is. 8 Sprinkel die koffiepoeier oor. Haal die tert versigtig uit die pan en sny in porsies.