KOSPAKKIES VORENTOE!
Moenie dink 'n gesonde kospakkie moet duur of ingewikkeld wees nie – hier is 'n paar blink idees vir kospakkies plus nuttige, bekostigbare kospakkies wat elke kind sal waardeer.
1 GRONDBOONTJIEBOTTER-ENPIESANGTOEBROODJIES: Daar’s niks soos grondboontjiebotter en piesang nie – jy voeg ‘n soet vrug by, maar minder suiker! Gebruik 'n houer met afskortings om die toebroodjie van ander happies te skei en dit vars te hou.
2 GROENTESTOKKIES MET ‘N DOOPSOUS: Hoe meer groente van verskillende kleure jy insluit, hoe meer sal jou kleinding een of meer van die opsies wil eet. Vul een deel van 'n houer met afskortings met kleurvolle groente-stokkies soos wortels, komkommer en soetrissies. Plaas die smaaklike gekoopte of tuisgemaakte doopsous gemaak van maaskaas, hummus of mayo en tamatiesous in 'n ander afskorting.
3 RYS-EN-BONEBAKKIE: Gebruik aluminiumfoelie om 'n eenvoudige, verseelde pakkie te maak met rys en bone, wat albei vullend en goedkoop is. Jy kan dit geur met jou beskikbare speserye of net 'n bietjie salsa vir smaak byvoeg.
4 PASTASLAAI: Maak 'n pastaslaai met oorskietpasta, groente en jou kind se geliefkoosde sousie. Gebruik 'n houer met afskortings om die pasta van ander happies te skei, of om te keer dat die sousie loop. Voeg kaasblokkies of tuna by vir ekstra proteïen.
5 HARDGEKOOKTE EIERS: Hardgekookte eiers is 'n uitmuntende bron van proteïen. Draai dit in aluminiumfoelie toe en sit dit saam met 'n knippie sout en peper in jou kind se kospakkie.
6 HAWERMOUT EN VRUGTE: Oornag-hawermout is maklik, gesond en bekostigbaar. Bedek droe hawermout die vorige aand met melk of jogurt. Plaas vrugte boop vir ekstra vitamiene of meng 'n lepelvol grondboontjiebotter by voor jy die melk oorgooi vir ekstra proteïen. Bere dit in die yskas tot die volgende dag wanneer jy die kospakkie inpak. Gebruik 'n houer met afskortings sodat jy ander happies en eetgerei in 'n ander afskor-ting kan pak.
7 OORSKIETAANDETE: Moenie die krag van oorskietkos onderskat nie! Pak gisteraand se kos in en jou kospakkiedramas is iets van die verlede.
8 MINI- WRAPS OF ROLLETJIES: Maak klein wraps of rolletjies deur twee snye brood met 'n koekroller plat te rol. Smeer 'n sous of ander smeer oor met kaas of oorskiet proteïen en groente en rol op. Sny in klein rolletjies om maklik te eet.