Kom tjek ons CHAKALAKA
Dis só eie aan ons land, en ’n gunsteling in baie huise. Ons maak ONS EIE WEERGAWES en gebruik dié GEBLIKTE KOSKAS-STAATMAKER as geurmiddel vir verskeie smulgeregte
Sappige CHAKALAKAVARKKEBABS GENOEG VIR 4-6 MENSE / BEREIDING: 20 MIN. MARINEER: 2 UUR OF OORNAG / GAARMAAK: 15-20 MIN.
’n Blik chakalaka kan selfs as ’n marinade gebruik word. Dis klaar gegeur en is ideaal vir hierdie heerlike kebabs. Jy kan ontbeende varknek, -boud of -blad vir hierdie kebabs gebruik, of selfs hoender of beesvleis, indien verkies.
600-750 g varkblokkies MARINADE
1 x 410 g-blik matige chakalaka 2 knoffelhuisies, gekap
15 ml (1 e) worcestersous
15 ml (1 e) suurlemoensap
30 ml (2 e) braaisous
30 ml (2 e) olyfolie AFRONDING
1 rooi-ui, geskil 1-2 soetrissies, van jou keuse, ontpit
Week 6-8 kebabstokkies in water. Bespuit ’n groot bakplaat met kossproei.
1 Pak die varkblokkies in ’n marineerbak.
2 Marinade Sit die chakalaka en knoffel in die bak van ’n voedselverwerker en pols tot glad. Voeg die worcestersous, suurlemoensap, braaisous en olyfolie by en pols tot glad en goed gemeng.
3 Giet die marinade oor die varkblokkies en meng goed deur. Bedek die bak en laat marineer 2 uur of oornag in die yskas. Meng die vleisblokkies af en toe deur om te verseker dat die vleis eweredig marineer.
4 Afronding Voorverhit die oond tot 200 °C. Haal die vleisblokkies uit die yskas en laat staan 15 min. of tot die vleis amper kamertemperatuur is. 5 Sny die ui in kwarte en dan in blokke. Breek die lobbe van mekaar af. Sny die soetrissies ook in blokke.
6 Haal die varkblokkies uit die marinade en ryg om die beurt met die soetrissies en uie aan die kebabstokkies. 7 Verhit ’n ysterpan tot rookwarm en braai die kebabs oor hoë hitte tot lig geskroei aan alle kante. Pak die kebabs in ’n enkellaag op die bakplaat en braai nog 5-10 min. of tot gaar soos verkies.
8 Sit die kebabs voor as peuselkos, of saam met ’n bykos van jou keuse.