JOGURT- chakalakaHOENDERVLERKIES
GENOEG VIR 4-6 MENSE, AS HAPPIESKOS OF LIGTE MAALTYD BEREIDING: 20 MIN. / MARINEER: 2 UUR OF OORNAG STAAN: 15 MIN. / GAARMAAK: 25-30 MIN.
Dié vlerkies is sappig, propvol geur en ideaal om voor te sit as ’n peuselhappie of ligte maaltyd. 8-10 hoendervlerkies
MARINADE
1 x 410 g-blik chakalaka
60 ml (¼ k) natuurlike volroomjogurt 30 ml (2 e) blatjang 15 ml (1 e) olyfolie 10 ml (2 t) kerriepoeier
2,5 ml (½ t) droë brandrissiepoeier (opsioneel)
2,5 ml (½ t) fyn komyn fyngerasperde skil van 1 suurlemoen
TZATZIKI
½ komkommer sout, soos nodig 250 ml (1 k) natuurlike volroomjogurt 15 ml (1 e) suurlemoensap 1 knoffelhuisie, fyngerasper
2,5 ml (½ t) droë ment of
5 ml (1 t) gekapte vars ment sout en vars gemaalde swartpeper, na smaak
AFRONDING
’n bietjie olyfolie
Sit ’n noupassende draadrakkie op ’n bak
plaat en spuit goed met kossproei. 1 Pak die hoendervlerkies in ’n verseëlbare marineerbak.
2 Marinade Sit die chakalaka, jogurt, blatjang, olie, kerriepoeier, brandrissiepoeier en komyn saam in die bak van ’n voedselverwerker en pols tot glad en goed gemeng. Roer die suurlemoenskil by.
3 Skep die marinade oor die hoendervlerkies en meng deur sodat die vlerkies goed bedek is. Maak die bak toe en laat marineer 2 uur of oornag in die yskas.
4 Tzatziki Rasper die komkommer fyn en skep in ’n vergiettes. Meng ’n knippie sout deur en laat staan 15 min. Druk al die vloeistof uit die komkommer en sit die komkommer in ’n mengbak. 5 Voeg die jogurt, suurlemoensap, knoffel en ment by en meng goed. Geur met die sout en peper, en bêre in die yskas tot nodig. 6 Afronding Voorverhit die oond tot 180 °C. Haal die vlerkies uit die marinade en pak in ’n enkellaag met die velkant na onder op die bereide draadrakkie. Rooster 15 min. 7 Verhoog die oondtemperatuur tot 200 °C. Draai die hoendervlerkies om en drup ’n bietjie olyfolie oor. Rooster nog 10-15 min. of tot die hoendervlerkies goudbruin en gaar is. 8 Sit die hoendervlerkies voor saam met die tzatziki as doopsous, en ’n bykos van jou keuse, indien verkies.