Die wenner van die grootste Afrikaanse blokraai is...
DIE afgelope Desember was vir baie ’n tyd van vakansie hou, uitrus en gunstelingdinge doen, maar vir blokraailiefhebbers was daar iets besonders: Die grootste blokraai ooit in Afrikaans! Week ná week het blokraaiers gewag en daarna uitgesien om die vakansieblokraai se volgende deel in Huisgenoot te kry. Hierdie bielie het stuk-stuk in die tydskrif se vier Desember-uitgawes verskyn en oor altesaam agt bladsye gestrek. En om dit te kon voltooi, moes invullers die onderskeie dele aanmekaarlas – ’n behoorlike uitdaging met ’n vakansie by ’n ATKV-oord én R10 000 op die spel.
Toe Petra Bekker die kompetisie sien, het sy die huistakies vir haar man gelos en die raaisel gepak. Sy vertel haar man het homself die bynaam “Dobby the House-Elf” gegee en haar “Wat’s-diewoord” begin noem omdat sy heeltyd besig was om woorde te soek. “Die lagbuie wat gevolg het, het ons alleen- tuisbly-feestyd tot so ’n mate opgevrolik dat ons besluit het om tóg die Kersboom te versier,” sê Petra, wat in Gqeberha bly.
Vir baie was die invul van die vakansieblokraai gehaltetyd saam met hul geliefdes. Amanda Bussell van Bredasdorp motiveer haar kleinkinders al lank om blokraaie in te vul, want sy glo dit maak jou slim. Toe haar kleindogter Mandi de Koker hoor hulle kan ’n vakansie wen, was sy gretig om te help. “Ons het ongelooflike pret gehad met al die woorde wat sy opgesoek het.”
Nog ’n inskrywer, Johanna Bessinger van Kimberley, was Kersfees saam met haar familie in Melkbosstrand. “Eers het ek alleen aan die blokraai gewerk, maar gou het die ander begin belangstel. Later kon ek net uitroep as ’n onbekende woord voorkom. Dan het die jonges die
Desember 2023, die maand waarin Huisgenoot se grootste vakansieblokraai ooit verskyn het, was vir Jeanette du Toit van Riviersonderend die lekkerste maand in ’n lang tyd. “Dit was die eerste Kersfees in drie jaar wat ons kon ontspan met geen hospitaalbesoeke en bekommernisse nie,” vertel sy.
Hulle het op 30 November gehoor haar seun Conrad Beyers se kanker is in remissie ná ’n groot operasie en intensiewe chemo. Ná die goeie nuus het haar familie saam vakansie gehou op Franskraal. Jeanette sê Huisgenoot se blokraai het gehelp om die dae met reën en sterk winde ietwat korter te maak. “Saam het rekenaars en fone bevlieg en die oueres die woordeboeke. So het die leë blokkies al hoe voller geraak. Dan praat ek nie eens van ál die nuwe Afrikaanse woorde wat oud en jonk bygeleer het nie!”
“Bietjie vir bietjie het ons gevorder, want ’n olifant, en nou ook ’n vakansieblokraai, eet jy stukkie vir stukkie,” sê Annas Coetzee van Stellenbosch. “Dit het ons ook nader aan mekaar gebring gedurende die Kerstyd. Ons het ná die voltooiing van die vakansieblokraai gevoel of daar iets kortkom.” ons woorde opgesoek en ingevul tot ons uiteindelik klaar was. Ons het baie gelag en vir die kleinkinders antwoorde verduidelik, natuurlik met baie glase koeldrank en lekkergoed.”
Dié gr. R-juffrou voltooi al meer as 40 jaar blokraaie, maar skryf selde vir kompetisies in. Jeanette sê sy is oorstelp oor die pryse wat sy met haar harde dinkwerk gewen het. “Dis só ongelooflik lekker om iets te wen – en dan is dit nog so ’n groot prys!”
Jeanette stap weg met die spogprys van ’n vakansie vir vier mense by ’n ATKV-oord en R10 000 kontant.
‘DIT HET ONS OOK NADER AAN MEKAAR GEBRING GEDURENDE DIE KERSTYD’
Vir baie inskrywers was die vakansieraai ’n groot uitdaging. Dit is die grootste blokraai wat al ooit in Huisgenoot verskyn het. Benewens die grootte het die formaat dit ook uitdagend gemaak. In die rooster kruis die antwoorde meestal net op elke tweede letter. Invullers kry dus, anders as in byvoorbeeld Huisgenoot se bekende groot blokraaie, heelwat minder hulp van die ander kruisende woorde.
Johanna Cilliers, nog ’n Kimberliet, beskryf die blokraai as “erg moeilik”. Sy het