CHURRO’S MET ’N SJOKOLADEGANACHE-SOUS
GENOEG VIR 4 MENSE / BEREIDING EN GAARMAAK: 30 MIN.
250 ml (1 k) water of melk
84 g botter
10 ml (2 t) strooisuiker
1,25 ml (¼ t) sout 250 ml (1 k) koekmeel
2 groot eiers
1 - 1,5 L (4-6 k) sonneblomolie 125 ml (½ k) kaneelsuiker
1 Plaas die water of melk, botter, suiker en sout in ’n klein kastrol en bring tot kookpunt oor matige tot hoë hitte. 2 Sodra die botter heeltemal gesmelt is, haal die kastrol van die plaat af en voeg dadelik al die meel op een slag by. Roer met ’n houtlepel tot al die klonte opgelos het. 3 Plaas die kastrol terug op die plaat oor matige hitte en roer aanhoudend tot ’n klewerige deegbal om die lepel vorm. 4 Plaas die deeg in die bak van ’n staanmenger met ’n Kspaan. Klits die deeg 2-3 min. teen lae spoed om af te koel. Sodra daar nie meer stoom uitkom nie, kan jy die eiers een vir een byvoeg. Klits goed ná elke byvoeging. 5 Verhoog die spoed tot medium en klits 20 sek. tot die deeg ’n beslag vorm. Skakel die menger af, skraap die kante van die bak skoon en klits nog 20 sek. tot goed gemeng. 6 Plaas die beslag in ’n spuitsak met ’n groot sterpunt aan die punt. Plaas die sak met die deeg in die yskas as jy dit nie dadelik gaan gebruik nie, of laat dit staan tot die deeg kamertemperatuur bereik. (Indien jy die deeg in die yskas geplaas het, laat dit eers buite staan om kamertemperatuur te bereik voor jy dit gebruik. Dit sal dan makliker spuit.) 7 Verhit die sonneblomolie in ’n groot kastrol tot 190 °C oor matige hitte. 8 Hou die spuitsak net bo die warm olie. Spuit dan churro’s van sowat 3 cm lank in die olie; gebruik ’n kombuisskêr om dit af te knip. Braai die deeg tot goudbruin – dit behoort uit te pof en self om te dop – maar jy kan hand bysit as dit nie gebeur nie.
9 Skep die churro’s met ’n gaatjieslepel uit en rol dit in die kaneelsuiker. Sit dit warm voor saam met ’n sjokoladeganache-sous. Sien die resep onder.