AMANDEL-FRANGIPANETERT
LEWER 1 TERT / BEREIDING: 30 MIN. / VERKOEL: 1 UUR GAARMAAK: 30-40 MIN. (BLINDBAK UITGESLUIT)
Gebruik die deeg wat jy nodig het vir die kors. Jy kan met die res koekies bak of die oorblywende deeg in ’n lang wors rol en vries om later te gebruik.
KORS
250 g yskoue botter, in blokkies gesny
250 ml (1 k) versiersuiker, gesif 500 ml (2 k) koekmeel
80 ml ( k) mielieblom
80 ml ( k) papawersaad
VULSEL
150 g geroosterde amandels, 50 g hiervan kan pistasieneute wees, indien verkies
35 g (60 ml) koekmeel
’n knippie sout 125 g botter, by kamertemperatuur 125 g strooisuiker fyngerasperde skil van 1 suurlemoen 2 groot eiers, liggies geklits 6 groot vye, horisontaal gehalveer dubbelroomjogurt, vir voorsit
Voorverhit die oond tot 180 °C. Bespuit ’n ronde losboomkoekpan met kossproei en sif met meel. Jy kan ook ’n muffinpan met 6 holtes gebruik vir kleiner individuele tertjies.
1 Kors Plaas al die bestanddele in die bak van ’n voedselverwerker en verwerk die mengsel tot die botter deeglik ingemeng is en ’n sagte deeg vorm. 2 Haal die deeg uit, vorm in ’n bal en plaas ’n halfuur in die yskas.
3 Rol die deeg in ’n lang wors, sny in dik stukke en pak met die gesnyde kante onder in die pan. Verkoel ’n uur in die yskas. Sny die deeg gelyk, indien nodig, en bak blind (sien blindbakwenk op bl. 25).
4 Vulsel Pols die neute in ’n voedselverwerker tot fyn, maar nie tot ’n pasta nie. 5 Plaas die neute in ’n klein bak. Voeg die meel en sout by en meng.
6 Plaas die botter en suiker in ’n groot bak en klits met ’n elektriese klitser tot romerig. Voeg die suurlemoenskil by, en voeg dan die eiers een vir een by terwyl jy klits. 7 Vou die meelmengsel by die bottermengsel in. 8 Skep die vulsel in die gebakte kors en rangskik die vye boop. Bak 30-40 min. teen 180 °C of tot effens verbruin om die kant en gestol in die middel.
9 Laat die tert eenkant afkoel tot louwarm en sit voor saam met die dubbelroomjogurt.