VRIESPLANNE VIR OORSKIET
Moenie sommer net ontslae raak van oorskiet nie. Hier is maniere om dit te vries en hoe jy dit kan gebruik – al wat jy benodig, is ’n gewone ysbakkie.
◗ SUURLEMOENE Druk die suurlemoene uit en giet die sap in ysbakkies. Vries en voeg later by water of vrugteslaai.
◗ AFTREKSEL Plaas afgekoelde vleisaftreksel in ysbakkies en vries vir latere gebruik.
◗ WYN Vries oorskietwyn in ysbakkies en gebruik dit in bredies en souse. Meet hoeveel jy in die ysbakkies gooi sodat jy weet hoeveel jy in jou resep gebruik.
◗ KOLA Vries kola wat sy gas verloor het as ysblokkies en gooi dit in jou kola – dit voorkom dat jou koeldrank waterig word. ROOM Vries die room netso in ysbakkies en
◗ voeg by souse. TAMATIES Rasper of kap oorryp tamaties
◗ op en skep lepels vol in ysbakkies. Plaas dan in ’n plastieksakkie of bak en hou in die vrieskas – dit kan later vir kos en souse gebruik word. SKILLE Vries die skille van uitgedrukte
◗ lemoene en suurlemoene om later in vleisgeregte, nageregte of koekversiering te gebruik. Die bevrore skille rasper ook veel makliker. JOGURT
◗ As daar ’n spesiale aanbieding op jogurt is, koop ekstra en vries dit in ysbakkies. Verwyder en hou gevries in plastieksakkies. As jy jogurt nodig het, haal net die hoeveelheid uit wat jy benodig. KRUIE
◗ As jy kruie kweek en te veel het, kap dit fyn en meng met botter. Plaas in ysbakkies en vries. Voeg by groente of kapokaartappels. Dis ook lekker om gereed te hê as jy die kruie buite seisoen nodig het. MELK
◗ Giet melk wat begin suur word in plastiekkolabotteltjies en vries dit vir wanneer jy bak. Gebruik dit vir wanneer jy hoender, vis of vark wil marineer.