MENINGS OOR STORIES OP HUISGENOOT.COM
1 SÝ WAS DIE HARTEDIEF
Brendan Peyper het Janae Stander gekies nadat hy in Op my eish! na liefde gesoek het, maar ongelukkig was die romanse van korte duur
Wow, dit was alles so
mooi gewees. Die rokke, die vroue, Brendan en ook die venue. Ek het my verkyk aan die drie mooiste vroue in hul spogrokke. Ek gaan die program en al die vroue baie mis. RIANA
My gunstelinge was Rachelle en Katja.
Julle is droomvroue vir enige man. Julle is pragtig, spontaan en selfstandig. Die regte mens sal julle op die regte tyd baie gelukkig maak. Vertrou en glo dit. Baie seënwense vir julle twee. HANNELIE
En daar val 13 weke se kyk toe so plat soos ’n pannekoek wat my betref.
Rachelle is duidelik die oulikste en standvastigste jong vrou en het so mooi by hom gepas.
RITA
Brendan, moenie worry oor negatiewe kommentaar nie.
Baie geluk aan jou en Janae. My keuse was Katja, maar net jy kan kies wie jou gelukkig gaan maak. Sterkte vorentoe. Maak nie saak wie wat sê nie, jy is ’n oulike seun. ANSIE
2 Glam Guru Hannon bevestig sy eks, Julius, is veilig
Ek is regtig baie bly vir sowel Hannon as
Julius. Ek hoop hulle sal weer by mekaar uitkom ook. Dat daar vorentoe weer herstel sal kom. Hannon en Julius, sterkte aan julle albei.
COLETTE
Jy het my simpatie,
Hannon. Maar jy is ’n sterk mens en sal dit kan verwerk. Jy het jou loopbaan en is ’n suksesvolle mens. REA
3 Het Amor nuwe liefde gevind?
Ek is baie bly vir jou,
Amor. Jy is al deur soveel, maar jy is regtig ’n sterk vrou en jy laat niks en niemand jou onderkry nie. Geniet mekaar. BERNADETTE
Sy het alle reg om gelukkig te wees; laat haar begaan.
Soms moet ’n mens ’n hele paar paddas soen voor jy jou prins kry. Hy gaan nie net op ’n perd na jou toe aangery kom nie. Ek soen nog steeds wanneer ek die kans kry. RACHEAL