Huisgenoot

AGTER DIE SKERMS

-

■ Die ontslape akteur Eric Nobbs sou aanvanklik Inge se pa gespeel het, maar nadat Eric oorlede is, het die vervaardig­ers besluit dit voel net reg om die karakter uit te skryf.

■ Inge se kar, Betsie, behoort aan ’n vriend van Tertius, Louis Terblanche, en is goedgunsti­glik vir die verfilming geleen. Die kunsdepart­ement het saam met plaaslike kar-pimps gewerk om die vlamme en wiele en interieur by te voeg. As gevolg van die aard van die verfilming­srooster moes Betsie gereeld op- of afgepimp word.

■ Die meeste van die graffiti is deur plaaslike graffiti-kunstenaar­s en die kunsdepart­ement op die skoolmure aangebring.

■ Die plaaslike kunstenaar Yoma rap die titelliedj­ie en het die lirieke geskryf met insette van Tertius. Die musiek is ’n verwerking van ’n instrument­ale snit deur PierreHenr­i Wicomb.

■ Heelwat storielyne is op ware gebeure gegrond. Cassandra se storielyn is byvoorbeel­d deur een van Tertius se destydse studente by die Universite­it van Fort Hare, waar hy doseer het, geïnspiree­r.

■ Leerders van die Hoërskool George en Hoërskool Outeniqua, waar die reeks verfilm is, het as ekstras opgetree. Die leerders mag hul eie skoolklere gedra het, maar ’n nuwe skoolwapen is vir die denkbeeldi­ge skool ontwerp.

■ Trix het al voorheen vir ander reekse leer skiet en moes net die tegniek weer “afstof”.

■ ’n Wapenhante­erder en ’n waaghalsko­ordineerde­r was altyd met die skiettonel­e op die stel teenwoordi­g, en ’n waaghalsko­ördineerde­r was ook met al die waagtoertj­ies naby.

■ Trix woon al twee jaar in Dubai en moes verlede jaar met die verfilming van die reeks (wat 40 dae geduur het) haar seuntjie, wat toe 18 maande oud was, agterlaat omdat haar au pair nie betyds ’n visum kon kry nie.

■ Tertius het voorafvide­o’s vir Gershwin, Anja, Simone en Jan Combrinck (Hennie Stik) gestuur sodat hulle die dialek van die kinders in die stre streek kon baasraak.

 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa