Huisgenoot

CRAIG EN MERVIN PEDRO-BRITOE

-

TOE ek sy profiel op Tinder sien, het ek nie van een van sy foto’s gehou nie. Maar ek het aanhou swipe tot by die heel laaste foto. Die een met die smile. Hy het die mooiste smile.

En toe het ek regs geswipe. Ons het op Tinder begin gesels, en toe op WhatsApp. En toe elke aand vir drie ure op die foon met mekaar gepraat.

Met elke gesprek het ons geëindig waar ons praat oor ons troue.

Wat die troukoek gaan wees, wat die tema sal wees. Ons het foto’s van hoe die troue moet lyk met mekaar gedeel.

Dit was als op die foon, want ons het mekaar toe nog nooit in persoon ontmoet nie. Ons het nie eens gedate nie, maar het al klaar gepraat van ons troue.

Toe ons ’n hele ruk later in persoon ontmoet met ons eerste date in Sandton, was hy meer as ’n uur laat. Ek was ’n bietjie geïrriteer­d, maar toe hy smile, was daar ’n warmte in my binneste.

Dit was die smile wat ek die eerste keer op Tinder gesien het.

Die aand toe ek by die huis kom, sê ek vir my vriendin ek weet nie wat dit is nie, maar iets mooi gaan van dié kom. Óf ’n goeie vriendskap óf ’n verhouding.

Dit was tydens die lockdown, Sondag 27 Junie 2021, toe ons op ’n date was om Cruella te gaan kyk toe die boodskap kom dat Cyril Ramaphosa weer ’n family meeting gaan hou. Ons was gestres dat hy ons weer sou skuif na ’n streng inperkings­vlak en dat ons mekaar dan nie gou weer sou kon sien nie.

Ons het toe my sakkie gaan pak en ek het by hom gaan bly in Randburg. Dit sou net vir die week wees, kamstig. Maar ek’s nou nog daar.

Ek’t hom einde 2021 gevra om te trou, en ons troue was soos iets uit ’n royal fairytale.

Ons het op ’n perdekoets by die chapel aangekom. Karin Kortjé het vir ons gesing en Bianca le Grange en Sue Pyler-Slabbert was ons MC’s. Dit was net perfek.

Soos ons huwelik.

Daar is uitdagende oomblikke en dan werk daai smile van hom nie so maklik nie. Maar dan sit ons saam en praat dit uit sodat ons op die ou end weer saam kan smile.

 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa