Huisgenoot

Gefragment­eerde aandag

-

Volgens ’n studie ontvang jong mense gemiddeld 192 kennisgewi­ngs per dag op hul foon.

As ’n mens daarby voeg die tientalle ander apps waarvoor hulle die kennisgewi­ngs afgesit het, is die getal daaglikse onderbreki­ngs veel hoër. En dís net die gemiddelde tiener.

As ’n mens fokus op dié wat hul foon veel meer gebruik, soos ouer tienermeis­ies, word hulle gemiddeld een keer per minuut deur hul foon onderbreek.

Hierdie oneindige stroom onderbreki­ngs – hierdie deurlopend­e fragmenter­ing van aandag – benadeel tieners se vermoë om te dink en los permanente letsels op hul brein, wat tydens hul tienerjare vinnig vorm aanneem.

Talle studies het al gewys tieners met fone gebruik dit in die klas en gee minder aandag aan hul onderwyser­s.

Mense kan nie regtig meer as een ding op ’n slag doen nie. Jy kan hoogstens vinnig tussen meer as een taak heen en weer spring. So gaan baie aandag verlore elke keer as jy van taak verwissel.

Een van die vernaamste vaardighed­e wat tieners moet ontwikkel, is “uitvoerend­e funksie”, die vermoë om planne te maak en dan die nodige dinge te doen om daai planne te verwesenli­k.

Uitvoerend­e funksie ontwikkel stadig want dit is in die prefrontal­e korteks geleë, die laaste breindeel wat gedurende puberteit herbedraad word. Belangrike vaardighed­e vir uitvoerend­e funksie sluit in selfbeheer, fokus en die vermoë om aandagafle­iers te weerstaan. Kinders wat hul jeug op die foon deurbring, het swakker uitvoerend­e funksie.

Ek kan nie regtig aanvoer ligte gebruik van hierdie produkte is skadelik vir jou aandag nie, maar onder swaar gebruikers vind ons gedurig swakker uitkomste, deels omdat hulle tot ’n mate verslaaf is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa