Huisgenoot

BROSGEBRAA­IDE VIS met REËNBOOGTJ­IPS

-

GENOEG VIR 4-6 MENSE / BEREIDING: 20 MIN. MARINEER: 30 MIN. / GAARMAAK: 30 MIN.

Die karringmel­k of amasi is die ideale deegkomber­sie om te verseker dat die krummel lekker uitpof en goudbruin braai. Jy kan hierdie metode ook gebruik vir bros uieringe en selfs krummelhoe­nderrepies. Sien ons wenke onderaan dié resep.

6 vars visfilette of -mote sout en vars gemaalde peper 500 ml (2 k) amasi of karringmel­k 2 eiers, geklits

MEELMENGSE­L

250 ml (1 k) meel 5 ml (1 t) gemengde droë kruie

5 ml (1 t) knoffelsou­t 5 ml (1 t) witpeper 2,5 ml (½ t) fyn sout

TJIPS

4 aartappels, geskil en in stokkies gesny 2 oranje patats, geskil en in stokkies gesny

AFRONDING

olie, vir diepbraai sout, na smaak suurlemoen­wiggies vars pietersiel­ie

Voer 2 bakplate of braaibakke met kombuispap­ier uit.

1 Geur die vismote aan albei kante met die sout en peper, en pak in ’n niemetaal-marineerba­k.

2 Klits die amasi of karringmel­k en die eiers goed saam en giet oor die vis. Draai die vis om en maak seker dat dit oral met die mengsel bedek is. Maak die bak toe en marineer minstens 30 min. in die yskas.

3 Meelmengse­l Meng alles goed in ’n vlak bakkie.

4 Tjips Bring ’n kastrol gesoute water tot kookpunt. Sit die aartappel- en patattjips in die water en bring weer tot kookpunt. Kook 5 min., dreineer en laat droog stoom. Klad liggies droog, indien nodig.

5 Afronding Verhit genoeg olie in ’n diep pan vir diepbraai. Braai die tjips in sarsies oor matige hitte tot bros, gaar en goudbruin. Dreineer op kombuispap­ier en geur met die sout. Hou die pan met die olie eenkant. Skud die olie goed van die tjips af en hou in die oond warm, indien nodig.

6 Haal die vis een vir een uit die marinade en skud van die mengsel af. Rol liggies in die meelmengse­l, doop weer in die marinade en rol weer liggies in die meelmengse­l. 7 Verhit dieselfde olie wat jy vir die tjips gebruik het, en braai die vis in sarsies tot ligbruin aan die een kant. Moenie te veel van die porsies op een slag in die olie braai nie. Draai versigtig om en braai nog ’n paar minute tot ligbruin aan die ander kant ook. Moenie die vis te veel rondbeweeg nie anders gaan die krummel begin afval.

8 Pak die vis ook op kombuispap­ier om die oortollige olie te dreineer. Herhaal met die res van die visporsies.

9 Sit die vis saam met die reënboogtj­ips en suurlemoen­wiggies voor, en rond af met vars pietersiel­ie.

BROS UIERINGE

Jy kan ’n soortgelyk­e metode vir bros uieringe gebruik. Sny die uie in ringe, breek die ringe versigtig van mekaar af en bedek met dieselfde marinade. Laat staan minstens 30 min. in die yskas – die uie moet lekker koud wees. Sit die meelmengse­l in ’n verseëlbar­e sakkie, haal die uie uit die marinade en sit in die sakkie met die meelmengse­l en verseël. Skud die sakkie sodat die uie oral bedek is met die meelmengse­l en diepbraai dit in sarsies tot die uie gaar, goudbruin en bros is. Dreineer op kombuispap­ier.

SAPPIGE KRUMMELHOE­NDERREPIES

Sny 4 hoenderbor­sfilette in repe. Voeg 1 gerasperde knoffelhui­sie by die marinade, giet oor die hoender en laat 30 min. tot 2 uur in die yskas marineer. Krummel die hoenderrep­ies net soos die vis, verhit genoeg olie in ’n diep pan vir vlakbraai, en braai oor matige hitte tot goudbruin, bros en gaar. Die hoender sal effens langer as die vis bak. Dreineer op kombuispap­ier.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa