Huisgenoot

GEMARINEER­DE OONDHOENDE­R

-

GENOEG VIR 4-6 MENSE / BEREIDING: 15 MIN. MARINEER: 2-3 UUR OF OORNAG / GAARMAAK: 1 UUR

Amasi en karringmel­k is heerlik in marinades vir hoender. Dit verseker die vleis bly lekker sappig en braai mooi goudbruin. Jy kan dit ook vir hoenderpor­sies of kebabs gebruik.

1 heel hoender

MARINADE

500 ml (1 k) amasi of karringmel­k

45 ml (3 e) olyfolie 4 knoffelhui­sies, fyngeraspe­r

15 ml (1 e) hoender-speserymen­gsel 5 ml (1 t) sout

5 ml (1 t) vars gemaalde peper

2,5 ml (½ t) dijonmoste­rd

5 ml (1 t) heelkorrel-mosterd fyngeraspe­rde skil van 1 suurlemoen 2 lourierbla­re

’n hand vol vars pietersiel­ie, fyngekap

AFRONDING

15 ml (1 e) olyfolie sout en vars gemaalde peper gekapte vars pietersiel­ie suurlemoen­skyfies

Sit ’n noupassend­e draadrakki­e in ’n oondbak, en bespuit goed met kossproei.

1 Sny die borsbeen van die hoender uit, draai die hoender om en druk plat met jou hand. Sit die hoender in ’n verseëlbar­e niemetaal-marineerba­k.

2 Marinade Meng als goed saam en skep oor die hoender. Vryf die hoender met die marinade in, en maak seker dit is oraloor bedek. Verseël die bak goed en marineer 2-3 ure of oornag in die yskas.

3 Afronding Voorverhit die oond tot 180 °C. Haal die hoender uit die marinade en sit met die velkant na bo op die draadrakki­e. Giet enige orige marinade oor die hoender. Giet ook ’n klein bietjie water onderin die oondbak.

4 Geur die hoender met sout en peper en drup die olie oor. Rooster 40 min.

5 Verhoog die hitte tot 200 °C. Rooster nog 10-15 min. of tot die hoender goudbruin is. Haal uit die oond uit en laat 5-10 min. rus.

6 Sny die hoender in porsies, sprinkel die pietersiel­ie oor, en sit voor saam met die suurlemoen en ’n bykos van jou keuse.

 ?? ?? GEMARINEER­DE OONDHOENDE­R
GEMARINEER­DE OONDHOENDE­R

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa