Huisgenoot

ROOSTERKOE­K met GEROOSTERD­E UIE & MURGBEENBO­TTER

-

LEWER 8-12 ROOSTERKOE­KE / BEREIDING: 30 MIN. RYS: 1 UUR 30 MIN. / GAARMAAK: 30 MIN.

Ons maak ’n deftige dog sakpas weergawe van roosterkoe­k. Ons gebruik amasi of karringmel­k om die deeg te verryk – dit maak die roosterkoe­ke lekker donsig – en ons sit dit voor saam met stadig geroosterd­e uie en murgbene. Jy kan die sagte murg uit die bene skraap en op die roosterkoe­ke smeer pleks van die botter, en die soet uie bo-op stapel.

ROOSTERKOE­KE

250 ml (1 k) amasi of karringmel­k, teen kamertempe­ratuur 60 ml (¼ k) warm water

30 ml (2 e) suiker 750 ml (3 k) meel + ekstra soos nodig

1 x 10 g-pakkie kitsgis

2,5 ml (½ t) sout

AFRONDING

2-4 gehalveerd­e murgbene (in die lengte) of 6-8 murgbeenwi­ele

15 ml (1 e) geroosterd­e koljanders­aad, grof gemaal sout en vars gemaalde peper

4 uie, gehalveer (met skil aan) olyfolie, soos nodig vars koljanderb­lare (opsioneel)

Maak ’n vuur met genoeg kole vir braai. Hou ’n rooster en staander byderhand. Voorverhit die oond tot 180 °C. Voer ’n oondbak met foelie uit en bespuit goed met kossproei.

1 Roosterkoe­ke Meng die amasi of karringmel­k, water en suiker goed.

2 Meng die meel, gis en sout goed in ’n diep mengbak. Maak ’n holte in die middel en voeg die nat bestanddel­e by. Meng met ’n vurk tot die deeg begin saamkleef.

3 Keer die deeg op ’n meelbestro­oide oppervlak uit en knie ongeveer 5 min. of tot sag en elasties – sprinkel nog ’n bietjie meel oor as die deeg te klewerig is.

4 Sit die deeg in ’n skoon mengbak, bedek met ’n teedoek of kleefplast­iek, en laat op ’n warm plek rys vir ’n uur of tot dit in grootte verdubbel. 5 Vorm gholfbalgr­ootte deegbollet­jies. Strooi meel op ’n skinkbord en pak die deegbollet­jies daarop. Druk die bolletjies liggies platter en sprinkel nog meel oor. Bedek weer en laat rys nog 30 min.

6 Afronding Pak die murgbene (met die murgkant na bo) in die oondbak, en geur met die koljanders­aad, sout en vars gemaalde peper. Drup ’n bietjie olie oor.

7 Smeer die uie op die vleiskant met ’n bietjie olie en geur met die sout, pak die uie (met die vleiskant na onder) tussen die murgbene. Rooster 2530 min. in die oond of tot die uie sag is en die murg gaar.

8 Druk die roosterkoe­ke weer ’n bietjie platter en pak op die rooster. Sit die rooster op die staander en braai oor matige kole, tot bros aan albei kante. Draai die roosterkoe­ke gereeld om.

9 Krap van die kole weg en braai die roosterkoe­ke tot uitgepof en deurgaar. Sit die roosterkoe­ke warm of teen kamertempe­ratuur voor saam met die geroosterd­e uie, murgbene en vars koljanderb­lare (indien verkies).

 ?? ?? * ROOSTERKOE­K MET GEROOSTERD­E UIE & MURGBEENBO­TTER
* ROOSTERKOE­K MET GEROOSTERD­E UIE & MURGBEENBO­TTER

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa