Huisgenoot

AMASI-CRÈME-KARAMEL met PRALINE

-

GENOEG VIR 4-6 MENSE / BEREIDING: 20 MIN. GAARMAAK: ONGEVEER 1 UUR / VERKOEL: 3-4 UUR OF OORNAG

Ons gee hierdie delikate Franse poeding ’n hupstoot uit Afrika deur die gebakte vla met pikante amasi te geur en af te rond met krakerige grondboont­jie-praline.

KARAMEL

125 ml (½ k) suiker 125 ml (½ k) water

VLA

4 ekstragroo­t eiers 80 ml ( k) suiker 5 ml (1 t) vanieljege­ursel

’n knippie sout 30 ml (2 e) koekmeel

250 ml (1 k) amasi 250 ml (1 k) room kookwater, soos nodig

AFRONDING

klaar bereide winkelgron­dboontjiep­raline, grof gekap

Voorverhit die oond tot 160 °C. Hou 1 x 24 cm-koek- of tertpan byderhand. Sit ’n teedoek in ’n diep oondbak (die koekof tertpan moet daarin kan pas).

1 Karamel Verhit die suiker en water in ’n klein kastrol en roer aanhoudend tot die suiker opgelos is.

2 Haal die lepel uit en laat die mengsel oor matige hitte prut tot dit verkleur. Kantel die kastrol elke nou en dan om te verseker dat die karamel eweredig karamellis­eer.

3 Prut tot die karamel goudkleuri­g is (maar nie te donker) en giet in die koek- of tertpan. Kantel die pan sodat die karamel oor die hele bodem van die pan versprei. Hou eenkant.

4 Vla Sit die eiers, suiker, vanielje, sout en meel in die bak van ’n voedselver­werker. Pols tot goed gemeng.

5 Voeg die amasi en melk by en pols tot glad en goed gemeng (as daar klontjies in die mengsel is, dreineer dit eers deur ’n sif).

6 Giet die vlamengsel in die koek- of tertpan. Sit die pan versigtig op die teedoek, in die middel van die oondbak. Giet kookwater in die oondbak, om die kante van die pan, tot die kookwater ongeveer halfpad teen die rand van die koekpan is. 7 Sit die oondbak versigtig in die oond en bak 40-45 min. teen 160 °C of tot die vla gestol is. Haal die koekpan uit die oondbak, laat afkoel, bedek en verkoel minstens 3-4 uur in die yskas, of selfs oornag.

8 Afronding Maak die kante van die poeding liggies met ’n mes los, sit ’n noupassend­e bord bo-op en keer die poeding vinnig onderstebo. Skud die pan liggies as die poeding nie dadelik uitkeer nie.

9 Sprinkel die praline oor en sit dadelik voor.

 ?? ?? * AMASI-CRÈMEKARAM­EL MET PRALINE
* AMASI-CRÈMEKARAM­EL MET PRALINE

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa