Huisgenoot

SAKPAS KARRING- MELKBESKUI­TBISCOTTI

-

LEWER 72-80 STAFIES BISCOTTI / BEREIDING: 20 MIN. GAARMAAK: ONGEVEER 1 UUR

Hierdie beskuit proe nes sy tradisione­le eweknie, maar word sonder eiers gemaak. Ons sny dit ook eerder in biscotti-stafies wat blitsig in die oond uitdroog.

1,5 kg bruismeel + ekstra vir oorstrooi 10 ml (2 t) kremetart

7,5 ml (1 ½ t) fyn sout

125 ml (½ k) witsuiker

250 ml (1 k) ligbruinsu­iker 375 g sagte margarien of botter 250 ml (1 k) kookwater

500 ml (2 k) karringmel­k

Voorverhit die oond tot 180 °C. Bespuit ’n groot bakplaat goed met kossproei. Hou ’n paar ekstra bakplate byderhand.

1 Meng die bruismeel, kremetart en sout in ’n groot mengbak, en maak ’n holte in die middel.

2 Meng die witsuiker, bruinsuike­r, margarien of botter, en kookwater tot die botter gesmelt is. Voeg die karringmel­k by en meng goed.

3 Giet die karringmel­kmengsel in die holte van die droë bestanddel­e en roer met ’n houtlepel tot ’n deeg vorm.

4 Keer die deeg op ’n meelbestro­oide oppervlak uit en knie tot glad en elasties.

5 Verdeel die deeg in 3 gelyke dele. Vorm elke deel deeg in ’n ovaalvorm (sodat dit amper soos ’n ciabatta lyk) en sit versigtig langs mekaar (met ’n spasie tussen-in), op die bereide bakplaat.

6 Druk die deeg liggies platter en bak 35-40 min. of tot die deeg ligbruin en gaar is en ’n toetspen skoon uit die middel kom. Pak op ’n draadrak en laat heeltemal afkoel.

7 Sny elke vorm in die breedte in 2-3 mmdik stafies en pak in ’n enkellaag op die bakplate. Bak die beskuit-biscotti 10 min., draai om en bak nog 10 min. of tot die stafies bros en uitgedroog is (stel die oond ’n bietjie laer as die biscotti te veel van kleur verander).

8 Pak die beskuit-biscotti op draadrakki­es en laat heeltemal afkoel. Bêre in ’n lugdigte houer.

 ?? ?? * SAKPAS KARRINGMEL­KBESKUITBI­SCOTTI
* SAKPAS KARRINGMEL­KBESKUITBI­SCOTTI

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa