Huisgenoot

AMASI-&-MALTABELLA-SJOKOLADEK­OEK

-

LEWER 1 MIDDELSLAG KOEK / BEREIDING: 15 MIN. BAK: 35-40 MIN.

Ons gebruik twee Suid-Afrikaanse gunsteling­e vir hierdie koekresep. Met die amasi-beslag het die koek minder vet, en saam met die Maltabella is dit ook glutenvry! As jy die koek dekadenter wil maak, kan jy dit selfs afrond met sjokolade-ganache of ’n ander versiersel van jou keuse.

250 ml (1 k) Maltabella

250 ml (1 k) ligbruinsu­iker

1,25 ml (¼ t) fyn sout

5 ml (1 t) bakpoeier 2,5 ml (½ t) koeksoda

60 ml (¼ k) kakao + ekstra, soos nodig 100 g botter, gesmelt 10 ml (2 t) vanieljege­ursel

2 eiers, geklits 125 ml (½ k) amasi 30 ml (2 e) koffiepoei­er in 125 ml (½ k) kookwater opgelos

Voorverhit die oond tot 180 °C. Voer die bodem van ’n ronde koekpan van 20 cm met bakpapier uit en bespuit goed met kossproei. Sprinkel ’n bietjie kakao onderin die koekpan en skud goed sodat dit eweredig versprei.

1 Meng die Maltabella, suiker en sout saam in ’n diep mengbak. Sif die bakpoeier, koeksoda en kakao saam en meng liggies deur die Maltabella-mengsel.

2 Klits die botter, vanielje, eiers en amasi goed saam. Voeg die koffie bietjie-bietjie by en klits goed.

3 Maak ’n holte in die middel van die droë bestanddel­e en giet die amasi-mengsel daarin. Klits tot net gemeng.

4 Skep die beslag in die bereide koekpan en versprei eweredig.

5 Bak 35-40 min. in die verhitte oond of tot bros om die kante en uitgerys – die koek sal nog effens klam in die middel wees. Haal uit die oond uit en laat 10 min. in die koekpan afkoel. 6 Haal die koek versigtig uit die pan uit en laat verder heeltemal op ’n draadrakki­e afkoel. Sif nog kakao oor, indien verkies, of rond af met ’n versiersel van jou keuse.

 ?? ?? * AMASI-&MALTABELLA­SJOKOLADEK­OEK
* AMASI-&MALTABELLA­SJOKOLADEK­OEK

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa