Huisgenoot

APPELTERT met AMASIKORS & BESSIESOUS

-

LEWER 1 MIDDELSLAG­TERT (ONGEVEER 6 PORSIES) BEREIDING: 20 MIN. / VERKOEL: 45 MIN. / GAARMAAK: 45 MIN.

Amasi werk net so lekker in gebak, en jy kan dit selfs vir ’n tertdeeg gebruik. Die geur van amasi saam met die nartjieski­l, appels en bessies is ’n wenner.

KORS

375 ml (1½ k) koekmeel + ekstra vir rol 30 ml (2 e) strooisuik­er

2,5 ml (½ t) fyn sout 125 g koue botter, in blokkies gesny 125 ml (½ k) amasi

BESSIESOUS

150-200 g bevrore frambose, -aarbeie of gemengde bessies

30 ml (2 e) suiker 30 ml (2 e) suurlemoen­sap

APPELVULSE­L

4 Granny Smithappel­s, geskil, ontkern en in wiggies gesny

60 ml (¼ k) suiker 60 ml (¼ k) kookwater sap en fyngeraspe­rde skil van 1 nartjie

’n skeut suurlemoen­sap

AFRONDING

15 ml (1 e) ligbruinsu­iker

’n klontjie botter vars bessies (opsioneel)

Voorverhit die oond tot 180 °C. Voer ’n vierkantig­e koekpan van 20 cm met bakpapier uit en bespuit goed met kossproei. Hou ’n vel bakpapier, en bakboontji­es, droë bone of rys, byderhand.

1 Kors Meng die meel, suiker en sout in ’n mengbak. Vryf die botter met die punte van jou vingers in die mengsel in.

2 Maak ’n holte in die middel, giet die amasi daarin, en knie dit liggies tot ’n sagte deeg vorm. Maak ’n bal met die deeg en bedek met kleefplast­iek. Laat die deeg 15 min. in die yskas rus.

3 Rol die deeg op ’n meelbestro­oide oppervlak uit. Voer die bodem van die koekpan met die deeg uit. Voer ook die kante van die koekpan uit, ongeveer 5 cm hoog. Prik die bodem van die deeg met ’n vurk en verkoel minstens 30 min. in die yskas.

4 Sit ’n vel bakpapier bo-op die deeg en vul met bakboontji­es, droë bone of rys. Bak 20 min. blind. Haal die bakpapier en boontjies of rys uit. Hou die kors eenkant.

5 Bessiesous Sit alles in ’n kastrol. Roer tot die mengsel begin kook, verlaag die hitte en laat prut tot die bessies sag is. Kneus rofweg.

6 Appelvulse­l Sit alles in ’n klein kastrol, bring tot kookpunt en laat 5 min. oor lae hitte prut (die appels moenie pap kook nie). Roer af en toe.

7 Afronding Verhoog die oondtemper­atuur tot 200 °C. Smeer van die bessiesous op die bodem van die tertkors. Pak die appels bo-op en sprinkel die suiker oor. Stip die vulsel met ’n bietjie botter en bak nog 10-15 min. of tot die vulsel liggies begin skroei.

8 Laat die tert 10 min. in die pan afkoel, ontvorm versigtig, sny in porsies en sit voor saam met die orige bessiesous en vars bessies, indien gebruik.

 ?? ?? * APPELTERT MET AMASIKORS & BESSIESOUS
* APPELTERT MET AMASIKORS & BESSIESOUS

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa