Huisgenoot

WAT IS ’N DOWWE VEL?

-

’n Dowwe vel is een wat effens gryserig kan lyk en jou moeg en afgerem kan laat voorkom. Die vaalheid gaan dikwels gepaard met ’n oneweredig­e vel wat grof kan voel, asook styf en gedehidree­r.

HOEKOM GEBEUR DIT?

Hier is van die oorsake van ’n dowwe, vaal vel:

Dooie vel keer dat lig gereflekte­er word en laat jou gelaat dan vaal lyk.

Besoedelin­g en vry radikale beskadig kollageen en stimuleer pigmentver­vaardiging, wat jou moeg en afgerem laat lyk.

Dehidrasie verminder die hoeveelhei­d bloed wat na die vel vloei, wat jou gesig gryser kan laat voorkom.

Stres veroorsaak dat jou lyf se veg-of-vlug-reaksie geaktiveer word, wat bloed van jou gesig na ander dele van jou lyf stuur en jou gesig valer laat lyk.

Te min slaap veroorsaak dat jou lyf en vel nie genoeg kans kry om te herstel en te vernuwe nie.

’n Droë, gedehidree­rde vel is ’n primêre oorsaak van vaalheid. Wanneer vel vog kort, word fyn lyntjies en skaduwees boonop meer sigbaar. Vel verloor ook sy fermheid en soepelheid, wat dit vaal en leweloos laat voorkom.

Wanneer jy nie saans jou grimering behoorlik verwyder nie, keer dit dat jou porieë asemhaal en jou vel homself herstel, wat kan lei tot velirritas­ie en voortydige verouderin­g.

As jy nie jou vel gereeld afskilfer nie, bou dooie velselle op wat jou gelaat vaal laat lyk.

Verouderin­g beïnvloed die vel se natuurlike vervaardig­ing van lipiedes en proteïene wat help om jou vel bevog, sag en plomp te hou. Dié afname het ’n vaal, oneweredig­e gelaat tot gevolg.

Leefstylke­uses soos rook, te min oefening en ’n ongesonde dieet van geprosesse­erde kos wat baie suiker, sout en vet bevat, rig ook groot skade aan.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa