Huisgenoot

IS DIE 30-30-30-REËL IETS WERD?

-

Jy het dalk onlangs aanlyn van die sogenaamde “30-30-30-reël” gelees. Wat is dit, en is dit enigsins van waarde?

WAT IS DIT?

Dit behels bloot dat jy 30 g proteïene eet binne 30 minute nadat jy wakker word en dan ook 30 minute se lae-intensitei­t-oefening doen.

Dis al in 2010 deur die Amerikaans­e skrywer Tim Ferriss in sy boek The 4-Hour Body uiteengesi­t, en onlangs het die gesondheid­skenner Gary Brecka dit weer uit die vergetelhe­id gaan opdiep. “Pleks daarvan dat dit ingewikkel­de maaltye voorskryf wat baie beplanning en organisasi­e behels, vra dit dat jy een eenvoudige reël volg,” sê die dieetkundi­ge Jessica Kotlowitz van The Green Dietitian in Kaapstad.

“Dit voel nie so oorweldige­nd nie en dis haalbaar vir baie mense.”

HOEKOM IS DIT VOORDELIG?

Die riglyn steun op die beginsel dat ’n dieet wat genoeg proteïene insluit – saam met gereelde oefening – kan help om jou cholestero­l, inflammasi­e, bloedgluko­se en vet in bedwang te hou.

“Genoeg proteïene in die oggend help om jou bloedsuike­rvlak deur die loop van die dag te balanseer. Dis ook versadigen­d en kan help om jou eetlus in die dag te beheer,” sê Jessica.

Daar is nie bewyse dat oefening in die oggend beter is vir jou gesondheid as om op ander tye van die dag te oefen nie, maar dit kan wel voordele vir jou gemoed inhou.

“Mense wat in die oggend oefen, voel dikwels hulle kry meer reg deur die dag. Hulle is ook meer gemotiveer­d om gesonde gewoontes vir die res van die dag te handhaaf.”

Dis belangrik om jou gesondheid, risikofakt­ore en omstandigh­ede in ag te neem voor jy die plan begin volg. Die beste is om eers ’n dokter of dieetkundi­ge te raadpleeg.

Jou opsies vir ontbyt? Niks kom by ’n koppie Griekse jogurt of ’n gekookte eier nie. Voeg daarby ’n vinnige stappie om die blok, en jy is gereed vir die dag.

So dis 30-30-30 binne 1, 2, 3. Merke . . . gereed . . . gaan!

 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa