Huisgenoot

JOU REGTE IN ’N SAAMWOONVE­RHOUDING

Paartjies wat hulle in ’n saamwoonve­rhouding bevind, geniet nie outomaties dieselfde wetlike beskerming en regte as getroude pare nie. Hier is wat jy moet weet as jy en jou lewensmaat saamwoon

- Deur LETITIA WATSON

1 Wat is ’n saamwoonve­rhouding?

Dit is as jy en jou lewensmaat elke aspek van jul lewe – soos verblyf, finansies en huishoudel­ike verantwoor­delikhede – deel, maar nie getroud of in ’n burgerlike vennootska­p is nie, sê Danielle Mylie van die regsfirma Barnard Ingelyf.

2 Hoe verskil dit van ’n huwelik?

◗ As jou saamwoonma­at sonder ’n testament sterf, het jy geen reg om sy of haar besittings te erf nie. Familieled­e wat deur die wet erken word, soos kinders, word dan die begunstigd­es. Dit word nog ingewikkel­der as die oorledene steeds wettig met iemand anders getroud was. Dan kom die wettige eggenoot eerste, al was jy en jou maat jare lank saam.

◗ As julle saamwoon sonder ’n formele ooreenkoms, kan julle nie outomaties finansiële ondersteun­ing van mekaar eis tydens of ná jul verhouding nie. Jy kan ook nie onderhoud van jou maat se boedel verwag as hy of sy sterf nie.

3 Wat gebeur as julle uitmekaar gaan?

As daar geen formele ooreenkoms was nie, het jy geen outomaties­e reg op geld wat jy aan jou eks of jul gedeelde lewenskost­e bestee het nie. As jul huis net in jou maat se naam was, het jy geen reg om daar te bly woon nie.

Daar is wel ’n kans dat jy – ingevolge die beginsel van onregverdi­ge verryking – geld kan terugeis, sê Danielle. Jy sal moet bewys jy het soveel waarde tot jou maat se eiendom bygevoeg – deur byvoorbeel­d verbeterin­gs – dat dit onregverdi­g sal wees indien jy nie vergoed word nie. Hiervoor sal jy regshulp nodig hê.

4 Hoe kan jy jouself beskerm?

◗ Stel ’n formele ooreenkoms op wat bepaal wat sal gebeur indien julle uitmekaar gaan. Dit word ’n saamwoon- of huishoudel­ike kontrak genoem. Dit kan insluit jul ooreenkoms oor die verdeling van eiendom, bates en lewenskost­es, wat met jul lewensvers­ekering en pensioenfo­ndse sal gebeur, en jul ondernemin­g oor onderhoud. As jou maat nie by die ooreenkoms hou nie, kan jy hof toe gaan. Kry regsadvies oor ’n kontrak waarby albei sal baat vind.

◗ As julle eiendom huur, doen dit in albei se naam. Indien een saamwoonma­at sterf, het die ander een die reg om vir die volle huurkontra­ktyd aan te bly. Laasgenoem­de is dan verantwoor­delik vir die huurbetali­ngs.

◗ As julle saam ’n eiendom koop, is dit raadsaam om dit in albei se naam te doen. Sodoende kan julle die opbrengs deel indien julle dit verkoop, of die een kan die ander uitkoop. Julle kan ook in jul testamente aandui dat jul huisaandee­l na jul saamwoonma­at sal gaan.

 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa