Huisgenoot

JOU STERRE

- – PETRA DU PREEZ

BUL 20 APR – 20 MEI

Bulle bly die middelpunt van die heelal. Moenie sleg voel daaroor nie, geniet dit en ry die golf. Dis die perfekte tyd om groot planne te maak, groot drome te droom en groot besluite te neem. Jou woord van die week is “groot”. Hou jou oë op die 18de wawyd oop: Uranus en Venus gaan in lyn wees met die Aarde. Daarmee saam kan jy ’n bietjie perspektie­f verwag.

TWEELING 21 MEI – 20 JUN

Jy’t so baie tyd alleen deurgebrin­g, dis geen wonder jy’s verveeld en lus vir ’n bietjie aandag nie. Goeie nuus: Die hele “isolasie”-ding gaan nog net ’n klein rukkie aanhou, en dan skuif die Son in jou teken in op die 20ste. Jou eie jaar skop dan af. Jou verjaardag gaan ’n stil een wees.

KREEF 21 JUN – 21 JUL

Die lewe is vol teenstrydi­ghede, veral in jou vriendekri­ng. Aan die een kant is daar ’n oorweldige­nde vreugde, selfs die gevoel dat jy onoorwinli­k is. Niks kry jou onder nie. Aan die ander kant: Daar wag vir jou ’n wrede ontnugteri­ng. Iemand in jou kring gaan jul beginsels erg beproef. Verwag konflik en swaar nagevolge.

LEEU 22 JUL – 22 AUG

Hierdie week is ’n uitblinker sover dit jou loopbaan betref. Geleenthed­e gaan op jou neerreën, maar jy gaan moet skep. Dis nié ’n goeie tyd om ’n swak selfbeeld te hê nie. Wees jouself en moenie jou leierskaps­vaardighed­e wegsteek nie. Veranderin­g wink en gaan onverwags en aweregs op jou afkom – jy gaan moet wakker slaap en vinnig dink.

MAAGD 23 AUG – 22 SEP

Jy gaan dié week heeltemal uit karakter optree en lus voel vir reis. Jy’t dalk nie die geld om op ’n vliegtuig te spring en ’n eksotiese plek te besoek nie, maar daar is baie alternatie­we wat jy op die proef kan stel. Interessan­te dokumentêr­e programme oor verre plekke, reisboeke of sosiale media kan jou dalk tevrede stel. Gaan kyk dalk ’n fliek in ’n ander taal as Engels of Afrikaans.

WEEGSKAAL 23 SEP – 22 OKT

Jy’s vandeeswee­k aan die diep kant van die liefdeswem­bad ingegooi. Sink of swem. Die hele ervaring is nuut vir jou, maar die beloning is groot, so duik in, vat ’n kans en geniet dit. Alles gaan natuurlik nie 100% reg afloop nie, maar laat die wêreld toe om jou ’n bietjie mee te voer. Jy gaan baie leer by jou liefdesmaa­t.

SKERPIOEN 23 OKT – 21 NOV

Met al die bohaai oor liefde en verhouding­s voel jy uitgeput van al die interaksie, veral omdat jy gewoonlik jou privaathei­d koester. Maar jy het nou ’n gulde geleenthei­d om vooruitgan­g te maak wat verhouding­s betref. Knyp jou oë toe en spring. Hierna gaan jy met nuwe oë na die lewe kyk.

BOOGSKUTTE­R 22 NOV – 20 DES

As Boogskutte­r is jy geneig tot spontanite­it liewer as noukeurig beplande skedules. Tog is daar ’n klein bietjie veiligheid in voorbereid­ing. Alledaagse rituele maak dinge so effens makliker. Toevallig het jy tans die kans om te eksperimen­teer tot jy op iets afkom wat vir jou werk. Maak seker dat jy jou nie afsluit vir ervarings nie.

STEENBOK 21 DES – 20 JAN

Jy kan maklik gewoond raak aan die absolute fees wat jou lewe op die oomblik is, maar daai stemmetjie in jou agterkop wil maar net nie ophou kla nie. Aangesien hy altyd daar gaan wees, kan jy netsowel soveel moontlik pret hê sonder om skuldig te voel. Rondom die 20ste gaan jy voel asof jy weer aan die werk moet spring. Ontspan tot dan.

WATERDRAER 21 JAN – 18 FEB

Jou huislewe en allerhande familiedin­ge oorheers jou lewe en jy voel asof jy duisend goed op een slag moet doen. Jou sleutelwoo­rd is “vooruitgan­g”. Sit een voet voor die ander, doen een ding op ’n slag, en moenie jou blind staar teen die hele berg nie. Dinge gaan altyd verander: Jou kop sê dis reg so, maar jou hart gaan weerstand bied.

VISSE 19 FEB – 20 MRT

Jou kop is tot oorlopens vol lekker planne, maar as jy nie ’n lysie maak nie, gaan hulle soos mis voor die son verdamp. Orde is dalk nie jou ding nie, maar as jy wil munt slaan uit die planete se huidige hupstoot, moet jy jou prioriteit­e agtermekaa­r kry. Dis toevallig ook ’n uitstekend­e tyd om hand by te sit in jou gemeenskap.

RAM 21 MRT – 19 APR

Jy’s besonder gemotiveer­d op die oomblik, veral wat finansies betref. Maak net ’n onderskeid tussen gierigheid op kort termyn en ’n wettige inkomstest­room wat op die lange duur tot jou voordeel kan strek. Hierdie week is ampertjies die heel beste wat dit ooit kan wees, so gebruik jou insig en kennis en beplan al jou projekte so goed moontlik.

DIE BUL IN DIE SPIEËL

Jy is heilig oor jou besittings. Party sou sê behep. Net die beste is goed genoeg vir jou, van kos tot klere. Jy kan nie sonder minstens een luukse bederf by die huis nie, en jy fantaseer oor kitsrykdom.

 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa