Huisgenoot

MENINGS OOR STORIES OP HUISGENOOT.COM

Op my eish! se Brendan Peyper en Janae is nie meer saam nie, maar die bekgeveg aan kykerskant duur voort

-

1 AS JY NIKS GOEDS HET OM TE SÊ NIE . . . As jy in die openbare oog is, kan jy kritiek verwag.

Ongeag jou optrede. Besef mense praat dikwels uit hul eie ervaring en gebrokenhe­id. Bly maar weg van sosiale media as jy sukkel met mense se oordeel.

MICHAEL

Maria en Rodney Lakay, ek onthou toe ek julle ontmoet het. Michael, mense is plein vieslik en ongemanier­d.

Mense kan op ’n ordentlike manier kritiek lewer, dis onnodig om so abusive te wees met hul woordeskat. Niks gee iemand die reg om vieslike aanmerking­s te maak nie. SUSAN

2 Egpaar wat albei bene verloor, blom in Namakwalan­d

Ek kon nie glo dat die twee mense so gelukkig kan lyk nie. Natuurlik omdat julle kinders van God is. Julle was van die eerste dag af ’n inspirasie vir so baie. YOLANDE

Ons het dié ongeloofli­ke egpaar ontmoet kort ná my man albei bene weens diabetes verloor het.

Hy was teen die planke en lusteloos, maar sedert Desember het sy houding verander. Ons is hulle só dankbaar, mag hulle geseën word. PAMELA

Nope, as jy dinge in die openbaar doen, mag die publiek ’n mening gee.

Dis ’n show, nie ’n liefdesver­haal nie. Daar is ’n paar tannies wat die seun se gewoontes geniet het, ander is bly die swak vermaak is verby.

GIDEON

Vir my as grootmens is tandartse ook scary!

Hulle praat met jou met hul vingers in jou mond. Hulle oë kyk so intens na jou, maar jy kan hulle nie regtig agter die masker sien nie. En dan natuurlik al die lawaai. Eisj. BELINDA

Daar sal altyd mense wees wat net negatief of lelik is.

Mensdom! Dit was ’n vermaaklik­heidsprogr­am en almal het geweet waarvoor hulle hulle inlaat. Brendan, jy is ’n oulike jong man. Nou gaan die lewe aan. LELANIE

3 Hoe klop jy jou kinders se vrees vir tandartse? LOL! Belinda, ek stem saam.

Ek is glad nie een vir die tandarts nie, dis scary. O Donderdag, en daai spuit . . . Nee! En soos die noodlot dit wil hê, moet ek juis Saterdagog­gend tandarts toe. ANGELIQUE

 ?? ??
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa