Huisgenoot

BRIDGERTON

-

Dearest gentle reader . . . did you miss me? Ja! Natuurlik het ons.

Dié woorde van die Victoriaan­se skindernuu­sgodin lady Whistledow­n in Bridgerton sal enige aanhanger laat nader skuif. En in Mei sien seisoen 3 eindelik die lig op Netflix, al is dit vir eers net die eerste vier episodes. En kykers is uit hul vel van opgewonden­heid, want ons gaan die liefdesver­haal van Penelope Feathering­ton (Nicola Coughlan) en Colin Bridgerton (Luke Newton) sien afspeel.

Die laaste vier episodes sal van Donderdag 13 Junie beskikbaar wees.

In hierdie seisoen betree Penelope die huweliksma­rk die derde keer, en dié keer gaan sy alles in haar vermoë doen om ’n man te kry sodat sy onder haar ma se dak kan wegkom, en hopelik met haar skinderbla­d onder die skuilnaam lady Whistledow­n kan voortgaan.

Luke vertel die seisoen gaan baie romanties wees. “Aanhangers wag al lank om Penelope en Colin se vriendskap te sien ontwikkel in ’n romanse.”

En soos aanhangers weet, is Bridgerton nie skaam om stomende liefdeston­ele te wys nie – en volgens Nicola kan kykers dit beslis verwag. “Moet liefs nie dié seisoen saam met jou ouma kyk nie,” waarsku sy.

Gelukkig was dit nie ongemaklik vir haar en Luke om die intieme tonele te doen nie, vertel sy, vanweë hul sterk vriendskap. “Ons was so gemaklik met mekaar dat ons ná een intense toneel sonder enige skaamte net daar kaal langs mekaar gelê het. Ons was so verlig dat ons eindelik net kon ontspan.”

Buiten die slaapkamer­dinge sê Nicola sy het in hierdie seisoen baie aanklank gevind by Penelope se storielyn en karakteron­twikkeling. “Ek identifise­er met Penelope wat vir die grootste deel van haar lewe op die kantlyn gestaan en wag het vir haar beurt om in die kollig te wees,” vertel sy. “Ek het gevoel ek moes dit ook doen.”

Kykers kan ook sien hoe dit met die tweede seisoen se hoofkarakt­ers, lord Anthony Bridgerton (Jonathan Bailey) en lady Kate Bridgerton (Simone Ashley), se huwelik gaan, en natuurlik ook wat aan die woel is in koningin Charlotte (Golda Rosheuvel) en lady Danbury (Adjoa Andoh) se lewens.

Laastens is die groot vraag of Penelope en haar bestie, Eloise Bridgerton (Claudia Jessie), se vriendskap sal herstel nadat Eloise aan die einde van die tweede seisoen uitgevind het Penelope is lady Whistledow­n.

BRIDGERTON SE SEISOEN 3 (DEEL 1) IS VAN DONDERDAG 16 MEI OP NETFLIX BESKIKBAAR.

 ?? ?? Die vriendskap tussen Colin Bridgerton en Penelope Feathering­ton groei tot liefde in die derde seisoen van Bridgerton.
Die vriendskap tussen Colin Bridgerton en Penelope Feathering­ton groei tot liefde in die derde seisoen van Bridgerton.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa