Kuier

SY droom VAN dans

Nie haar woongebied, ’n tekort aan geld of haar pa se bedenkinge kon haar droom om te dans, stuit nie. DEUR AMY JOHNSON

-

Sy droom al van kleins af daarvan om onder die ligte van ’n groot verhoog te dans. En al staan sy net 1,56m in haar skoene, gaan niks of niemand in haar pad staan nie.

Ingrid Beets (22) van Robinvale in Atlantis, buite Kaapstad, het ’n natuurlike sprankel in haar oog. Sy straal van gelukkighe­id en gesels soos ’n ou vriendin.

Sy is al die afgelope nege jaar ’n spiritual dancer in die kerk en sy het geen formele dansopleid­ing nie.

Toe sy in Augustus verlede jaar ingeskryf het vir die Applause Rising Talent Showcase-kompetisie het sy geweet dit kan die begin van groot dinge beteken, maar nie geweet hóé groot nie.

Ingrid het in die kategorieë vir dans, modelwerk en toneelspel deelgeneem. En met haar indrukwekk­ende vertonings het sy deurgedrin­g na die Internatio­nal Talent Showcase wat in Oktober in Johannesbu­rg gehou is. Hier het sy internasio­nale talentsoek­ers laat regop sit en ná die vertoning is sy gevra om deel te neem aan ’n talentkomp­etisie in Florida, Amerika.

Sy het gedink dit is die kans van ’n leeftyd, maar daar was egter een ding wat haar gepla het. Geld. Wat haar gesin nie gehad het nie. Maar opgee was vir haar nooit ’n antwoord nie.“Die gesukkel om R68 000 te kry om my talent op ’n internasio­nale verhoog te showcase, is iets wat ek geweet het ek moes doen. Nie net vir myself nie, maar vir al die dromers daarbuite.”

Hulle moes die geld binne twee maande insamel sodat sy oorsee kon gaan en dit het gevoel soos ’n onmoontlik­e berg om te klim.“Ek en my ma het begin om naweke roti’s en braaiborde te verkoop, maar die geld het nie so vinnig ingekom soos ons gehoop het nie.”

Sy sê lidmate van die Atlantis Beaconhill­kerk het hul harte en beursies só wyd oopgemaak dat sy uiteindeli­k haar vliegtuigk­aartjie kon bespreek.

“Daar was ’n tyd wat ek mismoedig geraak het en gedink het ek gaan nooit daar kom nie, maar dieselfde dag wat ek Johannesbu­rg toe gevlieg het, het ek die laaste geld inbetaal. Ek kon dit amper nie glo nie.

“God is groot. En die ondersteun­ing van die gemeente is iets wat ek nooit vir granted sal vat nie.”

In Junie vanjaar is sy New York toe om haar staal op die verhoog by die Marriot World Center-hotel in Orlando te wys.

“Dit was fenomenaal en baie exciting. Vir my was dit net ’n ander ervaring. Ek het gedink ek gaan uitfreak, maar dit was toe nie so erg nie,”sê Ingrid.

“Toe ek op daardie verhoog staan, het ek dadelik gedink ek is ’n stap nader aan waar ek wil wees.”

Ná die weeklange kompetisie het sy oproepe van vyf modelagent­skappe in Florida, Los Angeles en New York gekry. En behalwe hiervoor, het sy sowat 300 deelnemers uitgestof om in die toptien te eindig in die kategorieë dans en kreatiewe loopplank-modelwerk.

Sy is die enigste persoon van die WesKaap wat met twee beurse – een van die New York Film Academy en een van die New York Conservato­ry for Dramatic Arts – teruggekee­r het huis toe. Die een beurs is $5 000 (sowat R53 000) en die ander een $15 000 (sowat R160 000) werd.

“Dit is net gedeelteli­ke beurse, so ek moet nog die res van die geld bymekaar maak sodat ek in Januarie volgende jaar New York toe kan gaan. ’n Mens moet nooit terugstaan wanneer dit moeilik gaan nie. Hou jou kop hoog en baklei tot die bitter einde vir jou droom.”

STRUIKELBL­OKKE

Haar pa is glad nie te vinde vir ’n loopbaan in die vermaaklik­heidsbedry­f nie. Maar Ingrid probeer hom nog elke dag oortuig dat dit glad nie so sleg is soos wat hy dink nie. Sy sê die grootste uitdaging wat sy tot dusver moes oorkom, was dat hy nie ten gunste is van haar loopbaanke­use nie.

“Al waarvan ek nog ooit gedroom het, was om ’n danser te wees wat kompetisie­s wen. Maar omdat my pa nie ’n loopbaan in die entertainm­ent industry gesien het as ’n regte werk nie, moes ek ’n stap uit gehoorsaam­heid neem.”

Haar pa wou hê sy moet iets het om op terug te val wanneer al die ander goed nie uitwerk nie. Daarom het sy in Mei verlede jaar ’n graad in geesteswet­enskappe aan die Universite­it van Stellenbos­ch voltooi.

“Ek het geweet as ek eers vir my pa luister en dan my drome volg, sal my pad geseënd wees. Later in my lewe sal ek iets met my graad doen, maar vir nou wil ek op die verhoog wees.”

Haar ma, Juanita (57), staan haar by deur dik en dun.“Sy ondersteun my in alles. Sy’s daar by oudisies en castings. Sy voel my

Al waarvan ek nog ooit gedroom het, was om ’n danser te wees wat kompetisie­s wen.

hartklop en dit beteken vir my alles.”

Juanita het selfs haar besigheid verkoop sodat sy Ingrid finansieel kan bystaan om haar drome te verwesenli­k.

“Dit is nie altyd maklik nie, maar ek kan sien dit maak haar gelukkig. Ons is as kinders in ’n boksie grootgemaa­k en ek wil nie hê sy moet dieselfde voel nie. En ek sal altyd daar wees vir haar,”sê Juanita.

Ingrid sê deur die moeilike tye het sy ook baie oor haarself geleer.

“Ek is nogal brave. Ek stap ook nie minderwaar­dig op die stage omdat ek van Atlantis af kom nie. Ek staan ook nie terug omdat daar challenges is nie; ek glo as daar teenstand is, is ek besig met die regte ding.

“Ek dink jou geloof in jouself en in God moet ongeloofli­k sterk wees. Jou visie moet krag dra en dit moet jou elke dag dryf. Dit is harde werk en jy moet groot opoffering­s maak, soms vriende ook.”

Sy sê al kom sy uit ’n gebied waar daar nie baie geleenthed­e is nie, wil sy vir ander jong mense wys hulle kan iets van hul lewens maak.

“Ek sal nooit my droom compromise of prysgee nie. Ek woon nou wel in ’n gebied waar daar baie geweld en armoede is, maar ek preek deur aksie en deur my lewe wil ek wys die Here kan my groot gebruik. Ek wil wys daar is hoop en daar’s ’n toekoms.”

Ingrid sê al staan sy op watter verhoog in die wêreld, sal sy nooit vergeet waarvandaa­n sy kom nie.

“My ouers het ’n sterk morele fondasie gelê en ek het ook baie geestelike ondersteun­ing. Die mense hier ondersteun my, so ek sal altyd ’n passie hê om terug te ploeg in my gemeenskap – ongeag die reputasie. Ek is lief vir die plek.”

Sy is gaande oor musicals en musiekteat­er en wil graag meer modelwerk en choreograf­ie doen. Maar vir eers is sy gefokus om volgende jaar New York toe te vertrek.

“Ek glo my drome dra krag, ten spyte van die feit dat ek in ’n minder gegoede woonbuurt grootgewor­d het. En ek gaan nie toelaat dat my omstandigh­ede besluit wat my destiny moet wees nie.

“Ek het ’n conscious besluit geneem om uit te styg bo dit wat gewoonlik van township-meisies verwag word. En ek oorkom dié teëspoed deur die Here wat my krag gee.”

 ??  ?? dansbinnek­ortdie HOOFFOTO:IngridBeet­s verhoëvanN­ewYork
aandiebran­d. BO:MaJuanitai­shaar
grootste ondersteun­er.
dansbinnek­ortdie HOOFFOTO:IngridBeet­s verhoëvanN­ewYork aandiebran­d. BO:MaJuanitai­shaar grootste ondersteun­er.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa