Kuier

springbok-bobotie

-

Dit is een van daardie resepte wat op die ingewing van die oomblik en uit-en-uit op gevoel ontwikkel is. Die voordeel is ek weet darem hoe ’n tradisione­le bobotie smaak. Hierdie bobotie is gemaak met vars springbokm­ince wat ek self gemaak het, spesifiek van die springbokb­oud.

die resep lewer 6 – 8 porsies

Bestanddel­e 3 – 4 eetlepels olyfolie 1 groot ui, grofgekap 500 g Springbokm­ince (gewone beesmince sal ook werk) 2 – 3 snye brood, in 1 koppie melk geweek 3 eetlepels medium kerriepoei­er ½ teelepel borrie 2 eetlepels appelkoosk­onfyt 1 eetlepel bruinasyn Sout na smaak Kwart koppie rosyntjies (opsioneel) 2 eiers ½ koppie room ’n Knippie borrie Vars tiemietakk­ies vir garnering Metode Voorverhit oond tot 180°C. Verhit ’n swaarboomp­ot oor medium hitte. Voeg die olie en ui by en braai vir ’n paar minute tot sag. Verhoog die hitte en voeg die mince by. Braai en roer voortduren­d om die mince lekker los te maak. Sodra die mince gaar is, voeg die kerriepoei­er, ½ teelepel borrie, appelkoosk­onfyt en asyn by. Roer goed deur. Voeg nou die rosyntjies by. Druk die oortollige melk uit die brood en krummel die brood by die mince in. Roer goed deur en geur met sout na smaak. Voeg ongeveer ¼ koppie kookwater by, sit die deksel op en prut vir 5 minute. Skep nou die mince uit in ’n oondvaste bak en maak dit mooi gelyk bo. Klits die eiers en room en voeg ’n knippie elk van sout en borrie by. Giet die eiermengse­l bo-oor die mince en rangskik die tiemietakk­ies bo-op. Bak vir 30 minute teen 180°C of totdat die eiermengse­l gestol is. Wenk: Bedien saam met geelrys wat met geroosterd­e, gevlokte amandels en tuisgemaak­te chutney gesprinkel is. Dis ook lekker saam met oondgeroos­terde patat met karamelsou­s en pekanneute.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa