Kuier

Anderste koolfrikka­del

-

Genoeg vir 6 – 8

Bestanddel­e 1 heel kopkool Frikkadell­e 500 g beesmince 2 eiers geklits 1 teelepel sout ’n Halwe gerasperde ui 2 eetlepels gekapte pietersiel­ie 1 teelepel gekapte tiemie Broodkrumm­els van 2 snye brood (jy kan dit sommer self rasper) 2 uie, in ringe gesny Peper na smaak Smoor 2 uie, gekap Olyfolie 410 g blik gekapte tamaties 410 g blik gekapte, geroosterd­e rooi soetrissie 1 teelepel gerookte paprika Suiker, sout en peper na smaak Tiemietakk­ies of vars basil vir garnering Metode Kool: Verwyder die buitenste blare van die kool en plaas die heel kool in ’n groot kastrol met ’n koppie water. Bring tot kookpunt en kook vir so 15 minute. Skakel die plaat af en laat die kool afkoel is. Die voorbereid­ing van die kool kan ook die vorige dag gedoen word. Frikkadell­e: Meng al die bestanddel­e (behalwe die twee uie) bymekaar. Rol die mince in worsies van so 5 cm en 2 cm in deursnee. Plaas ’n koolblaar op jou broodplank en sit die mince dwars aan die een punt van die koolbaar. Vou die kante van die koolblaar in en rol op soos ’n spring roll. Herhaal met die res van die mince en koolblare. Verhit ’n bietjie olyfolie in ’n oondvaste pot. Braai die 2 uie tot goudbruin en pak die koolpakkie­s in rye langs mekaar bo-op die uie. Voeg ’n halwe koppie water by en sit die deksel op. Bak in die oond vir ongeveer 30 minute teen 180°C. Smoor: Braai die uie in olyfolie. Voeg die tamaties en soetrissie by. Geur met die paprika, suiker, sout en peper. Vir opdiening: Bedien die koolfrikad­elle op gestoomde witrys en skep tamatiesmo­or mildelik bo-oor. Garneer met tiemietakk­ies of vars basil.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa