Vetkoek met Viskerrie
Maak 12 porsies
Bestanddele Vir die pilchards-kerrie: 1 groot ui, grofgekap 2 eetlepels olyfolie 2 knoffelhuisies, gerasper 1 eetlepel vars gemmer, gerasper 2 eetlepels Rajah/ Cartwrights medium kerriepoeier 1 eetlepel suiker 2 blikkies pilchards in tamatiesous (verwyder die grate as jy so verkies, ek hou van die crunch) 1 blikkie gemengde groente, gedreineer Sout na smaak Vars, gekapte dhania na smaak Metode Braai die ui in die olyfolie oor medium hitte tot dit sag is. Voeg die knoffel, gemmer, kerriepoeier en suiker by en braai vir nog so ’n minuut sodat die geure lekker saam vrygestel kan word. Voeg nou die pilchards en groente by. Prut nog saam vir ongeveer 5 – 10 minute vir alles om lekker bymekaar te kom. Geur met sout indien nodig. Kerrie en vetkoek: Sny elke vetkoek in die breedte so halfpad oop. Plaas ’n lekker ruim porsie kerrie in elke vetkoek. Plaas van die dhania op die kerrie in die vetkoek en ook vir garnering. Bedien lekker warm met ’n lang glas Coke.