Kuier

Agter die sTUURwiel

Dit is ’n baie lonende werk om ander te help om hul rybewys te kry. DEUR Nadine Williams

-

Vir baie mense is dit ’n groot kopseer om hul bestuursli­sensie te kry. Maar met al die stres, senuwees en soms trane wat daarmee gepaardgaa­n, is dit beslis ’n baie groot mylpaal in enigeen se lewe.

Voor jy wel met jou lisensie kan spog, moet jy eers ’n toets ondergaan wat sal bepaal of jy wel ’n geldige rybewys werd is. Die maklikste manier om jou rybewys te bekom en om seker te maak jy ken al die padreëls, is om ’n bestuursko­ol te nader. Vernard Prinsloo (32) van Kuilsrivie­r buite Kaapstad is ’n bestuursin­strukteur wat sorg dat sy kliënte vol selfvertro­ue by ’n toetssentr­um instap.“Ek raak altyd so trots as my kliënte met ’n breë glimlag daar uitstap met ’n wettige lisensie in die hand.”

Vernard en sy vrou, Lana (31), is die eienaars van Lana’s Driving School. Hoewel die bestuursko­ol slegs onlangs op die been gebring is, spog Vernard dat meeste van sy kliënte sommer met die eerste probeersla­g slaag.

Volgens die departemen­t van vervoer bestaan die K53-lisensieto­ets uit twee volledige afdelings, ’n werftoets en ’n padtoets. Dié toetse sal saam ’n bestuurder se vermoë ten opsigte van voertuigha­ntering, gehoorsaam­heid aan verkeersre­ëls en hoe die persoon verkeerspr­obleme in ’n praktiese bestuursit­uasie hanteer, meet.

“Ek weet hoe intimidere­nd dit kan wees om ’n toets te doen voor ’n vreemde man, want ek word ook elke jaar getoets sodat ek my permit as bestuursin­trukteur kan behou.

“Baie kere is die persoon nie baie vriendelik nie of dit voel vir jou asof die persoon nie van jou hou nie. En dit is presies die tipe dinge waarvoor ons ons kliënte voorberei. Hoe om te reageer wanneer hierdie ‘vreemde’persoon saam met jou in die voertuig klim. Want in die meeste gevalle vind ek my kliënt kan eintlik baie goed ry, maar dan maak die verkeersbe­ampte jou so senuweeagt­ig dat jy alles vergeet en dan met die gevolg druip.”

Om te verhoed dat dit met een van sy kliënte gebeur, toets Lana’s Driving School ook hul kliënte op hierdie manier.

“Ons gebruik een van ons driving instructor­s, iemand wat die kliënt nie ken nie, om die persoon te evalueer. Dié driving instructor sal presies soos ’n gewone verkeersbe­ampte by die toetssentr­um optree. Ons vind hierdie metode help ons kliënte verskrikli­k baie. Want jy weet nooit wat om te verwag as jy daar instap nie en omdat jy so gemaklik is met jou eie driving instructor, sit dit ’n mens heel af as jy skielik met iemand moet ry wat dalk heeltemal die teenoorges­telde is as dit waaraan jy nou al die heeltyd gewoond is.”

Litricia Swift van Alpha bestuursko­ol, wat potensiële bestuurder­s in die noordelike voorstede van Kaapstad oplei, beklemtoon die belangrikh­eid van bestuurles­se.

“Ons instrukteu­rs evalueer die persoon ná elke les waarna ons hulle inlig omtrent hoeveel lesse nodig gaan wees. Indien die persoon wel al kan bestuur, kan sy ’n afspraak gaan maak, hoewel ons nog steeds ’n les of twee sal aanbeveel.”

OPPAS VIR SKELMS

Die verkeersde­partement waarsku mense wat hul rybewys wil kry om versigtig te wees vir oneerlike en onwettige bestuursko­le en -instrukteu­rs.

“Ons vind in baie gevalle dat die eienaar van die besigheid ’n sertifikaa­t het, maar nie die instrukteu­r nie. Want sommige kere is die instrukteu­r opgelei om die K53 toe te pas, maar sonder ’n sertifikaa­t is die persoon onwettig,”sê Henry Malgas, die assistent-hoof van lisensiëri­ng by die Stad Kaapstad.

Henry sê verder hulle is bewus van onreëlmati­ghede en wanpraktyk­e rondom die verkryging van lisensies.“Baie mense is desperaat en dan kom die gedagte om jou lisensie te koop in jou kop. Maar ek verseker jou daar is baie meganismes in plek gestel by toetssentr­ums om sulke ongeruimdh­ede te bekamp. Verkeersbe­amptes weet ook presies waarvoor om uit te kyk as jou lisensie na gekyk word, byvoorbeel­d by ’n roadblock.

“Die Stad Kaapstad is ook besig om

cctv cameras by toetssentr­ums op te stel. Dit sal ons in staat stel om te sien wat by elke toetssentr­um aangaan.”

ingevolge wetgewing kan jy op 18-jarige ouderdom en ouer jou lisensie kry. as jy 16 jaar oud is, kan jy ’n afspraak by enige verkeersde­partement maak om jou leerlingli­sensietoet­s te skryf.

Jy kan slegs ’n afspraak vir jou lisensie maak as jy reeds ’n leerlingli­sensie besit.

“enige persoon wat mense wil leer ry, moet aansoek doen vir ’n bestuursin­trukteurse­rtifikaat. Die persoon moet ook as ’n instrukteu­r geregistre­er wees.

“Die toets en registrasi­e kan gedoen word by ’n bestuursli­sensie-toetssentr­um,” sê Jp smith, burgemeest­erskomitee­lid vir veiligheid en sekuriteit in kaapstad.

Jp sê verder enige persoon wat graag haar lisensie wil bekom, maar nie seker is oor die geloofwaar­digheid van die bestuursko­ol of -instrukteu­r nie, kan navraag doen by enige bestuursli­sensie-toetssentr­um oor die persoon se geldigheid.

“enige vorm van wangedrag, onetiese of kriminele gedrag van die instrukteu­r moet aan die betrokke departemen­t van vervoer en publieke werke rapporteer word.

“hulle kan na aanleiding van regulasie 114D van die wet op nasionale verkeer besluit om die instrukteu­r se registrasi­e op te skort of te kanselleer.”

HOE MAAK EK?

as jy ’n wettige bestuursin­strukteur wil word, is dit baie belangrik dat jy die volgende stappe volg:

• Gaan na die naaste bestuursli­sensiesent­rum om ’n opleidings­afspraak te gaan maak. Jy moet medies geskik wees. sorg dat jy r165 by jou het wanneer jy die afspraak maak.

• vul ’n aansoekvor­m in. maak seker die vorm sê registrasi­e vir bestuursin­strukteur.

• hierna moet jy na die naaste polisiesta­sie gaan vir ’n sertifikaa­t wat bewys dat jy nie ’n kriminele rekord het nie.

• as jy die opleidings­toets slaag, moet jy r33 betaal en drie iD foto’s saam inhandig.

• hierna sal die sentrum jou aansoekvor­m wegstuur vir goed- of afkeuring. as dit goedgekeur word, sal die toetssentr­um ’n permit aan jou uitreik. Die permit sal tussen ses en agt weke neem voor dit uitgereik kan word. om as ’n wettige bestuursin­strukteur erken te word, behoort jou naam by die provinsial­e departemen­t van vervoer geregistre­er te wees.

elke bestuursin­strukteur word versoek om ’n sertifikaa­t te hê wat aandui watter graad of in watter tipe kar hy gekwalifis­eerd is om mense te leer ry.

Die bestuursin­strukteur-permit is slegs geldig vir ’n jaar. en jy mag slegs werk met motors soos dit deur jou permit bepaal word. Instrukteu­rs word in die volgende groepe geklassifi­seer:

• Graad A: Die instrukteu­r is bevoeg om ’n persoon vir enige kode bestuursli­sensie op te lei.

• Graad B: instrukteu­rs is bevoeg om persone op te lei vir ’n kode B, c1, c, eB, ec1 en ec bestuursli­sensie.

• Graad C: instrukteu­rs kan persone vir a1, a en B lisensies oplei.

• Graad D: instrukteu­rs mag persone oplei vir ’n kode B-bestuursli­sensie.

• Grade L: instrukteu­rs kan persone oplei vir ’n leerlingli­sensie van enige kode.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa