Kuier

’n ma se marteling

Haar lewe het in ’n nagmerrie verander en haar hart breek as sy dink dat sy haar kind dalk nooit weer gaan sien nie. Hoe tel ’n mens die stukke van jou lewe weer op?

- Deur Nicolette Fouldien

Ester loop kop omlaag, ken byna teen haar bors. Haar skouerleng­te rooibruin hare hang in nat slierte langs die kante van haar ingesonke wange. Dit verberg byna heeltemal die benerige struktuur van haar gesig en haar oё wat soos diep, donker poele in haar skedel blink. As jy in hulle kon kyk, sou jy sien dis nie die blink van lewe nie, maar veel eerder die blink van verlatenhe­id. Troebelrig­e tranerighe­id.

Die reëndruppe­ls stort hard en onverpoos uit die hemelruim neer en rondom haar skarrel almal haastig na skuiling, maar dis of sy salig onbewus van alles rondom haar voortbewee­g. Haar kort treё, doelloos. Dis of elke tree vorentoe net volg op die vorige een. Niks wat sy doen maak eintlik regtig meer sin nie.

By die stopteken talm sy ’n paar sekon- des en kyk meganies links en regs, en weer links voor sy die besige straat oorsteek. Deur die reën is alles net ’n vae mistigheid, maar dis vir haar niks vreemds nie. Lank reeds kyk sy na die wêreld deur ’n dowwe waas.

Hoe lank nou al?, wonder sy vaagweg. Hoe lank strompel sy dag vir dag voort na niks? Van die een vuilgoeddr­om na die volgende? Van die een skuiling na die ander. Is dit die omvang van haar bestaan?

Sy strompel deur die modder na die verlate bankie in die park en gaan sak daarop neer sonder om die nattigheid in ag te neem. Sy hoor die getoeter van ongeduldig­e motoriste en ander dorpsgelui­de en iewers die skril gehuil van ’n kind. Nes altyd wanneer sy ’n kind hoor of sien, kom nestel die heimwee in haar binneste.

Waar is hy? Wat het van hom geword? Sy wou hom so graag beskerm teen alles, maar sy kon nie. Sy weet dis nou te laat vir verwyte. Sy moes al aan die begin gesien het dis hoe dinge gaan uitdraai, maar nog steeds kon sy haar nie op die nagmerrie voorberei nie.

Sy was verblind deur Mark se skynheilig­e liefde. Gedink hy is opreg lief vir haar, want hoekom sou hy haar vat met die gestremde kind? Dis eers later wat sy begin besef het sy is vir hom niks anders as ’n slaaf en bedmaat nie. Hy was ryk en sy wat arm grootgewor­d het, het gedink hier is die uitkoms waarna sy só gesoek het. Uiteindeli­k kon sy vir haar engelkind die gesondheid­sorg bied wat hy so nodig gehad het.

Klein Sammy is gebore uit haar kortstondi­ge huwelik met Danny Beukes. Hulle was ’n gelukkige paartjie en sy was doodtevred­e in haar plaashuisi­e op Ruwedal waar

Danny bestuurder was. En toe beland hy een noodlottig­e dag onder die trekker. Sy was gebroke. Vier maande later is klein Sammy gebore. Verstandel­ik en liggaamlik gestrem. Sy kon nie verstaan hoekom al die dinge met haar moes gebeur nie, maar toe skielik het alles handomkeer verander.

Mark, die baas van Ruwedal, het haar gevra om te trou. Sy het nie eintlik ’n keuse gehad nie, want anders moes sy van die plaas af padgee en sy het lank reeds geen kontak met enige van haar familie nie. Waarheen sou sy met klein Sammy gaan?

Mark het gou gewys dat hy niks van haar dink nie en verwag sy vir hom moet huishou en gelukkig hou. In ruil het hy vir hulle gesorg, maar teen watter prys?

Klein Sammy het die heeltyd sorg nodig gehad, maar hy het haar gedwing om die kind vir ure alleen te los. Soms moes sy met die werk op die plaas uithelp sonder dat haar kind enige toesig het. Sy het egter gou geleer om nie daaroor te kla nie, want dan het hy haar gestraf deur te weier dat sy Sammy se doeke in die nag gaan omruil of hom voer.

Dinge het vererger toe hy haar begin aanrand het. Elke keer wanneer iets op die plaas verkeerd loop, wat byna daagliks gebeur het, het hy dit op haar kom uithaal. Sy het egter nie omgegee dat dit met haar gebeur nie, solank haar kind net oukei en versorg was.

Tot die dag wat Sammy so siek geword het en in die hospitaal opgeneem is. Sy kon nie glo toe die polisie haar daar langs haar kind se bed kom arresteer nie. Daar is gifstowwe in sy bloed gekry en hulle het haar daarvan beskuldig dat sy hom probeer vergiftig het. Boonop was sy lyfie weer oortrek met bedsere en ’n luieruitsl­ag omdat Mark haar vir dae daarvan weerhou het om haar kind in die nag droog te maak en om te draai. Niemand wou haar glo nie. Die drie jaar in die tronk was hel. Sy is vyf maande gelede ontslaan en dwaal sedertdien so doelloos rond. Niemand het haar eens in die tronk kom besoek nie en sy het so na haar kind verlang. Gewonder wie na hom kyk en waar hy is. Die maatskapli­ke werker het net gesê Sammy is in goeie hande en dat sy haar reg op hom verbeur het toe sy hom wou vermoor. Nou sit sy hier.

Ester weet sy kan nie meer uitstel nie; sy moet na Mark toe gaan. Hom gaan vra hoekom hy dit aan haar gedoen het. Sy het al die tyd gewonder hoekom hy nooit van haar geskei het nie.

Sy voel ’n warmte op haar hand en besef eers die reënbui is oor toe sy die sonstraal op haar hand sien skyn. Sy staan moeisaam op en stap na die taxirank. Sy kan nie meer uitstel nie. Dis tyd.

Sy klop saggies en huiwerend. Die bejaarde vrou wat die deur oopmaak, is vreemd en kyk haar vraend aan. “Goeiemidda­g, kan ek help?” “Ja, umm . . . ek is opsoek na Mark?” stamel sy.

“Mark?”vra die vrou, verbasing op haar gesig te lees.“Mag ek vra hoekom u hom soek?” “Ek is sy vrou . . .” “My jinne! Ester? Nou herken ek jou van die foto’s. Kom binne!”Die vrou stoot die deur wyer oop en neem haar aan die hand. Lei haar die voorheen so bekende gang af, die sitkamer binne. Die vrou praat eers toe hulle plaasneem.

“Sjoe, ons wag al so lank op jou. Waar was jy jong?”Ester weet nie wat om hierop te antwoord nie. Dis nie wat sy te wagte was nie. Waar is Mark? Sy loer na die deur asof hy enige tyd sal binnestap en haar soos altyd met sy teenwoordi­gheid kom bombardeer.

“Ag toe maar, ek is net bly jy is hier. Sammy gaan so bly wees om jou te sien!” “Sammy!”Ester voel of sy gaan flou word. “Sammy? Is Sammy hier?”

“Maar natuurlik is hy hier. Ai, o ja my skat. Ek vergeet skoons jy weet byna niks. Ek is Hanna.”Die vrou steek ’n hand na haar uit en vervolg toe sy dit in haar eie yskoue hand toevou.“Ek is ’n privaat verpleegst­er. Kom ek neem jou na sy kamer. Hy slaap nou, maar jy kan seker nie wag om hom te sien nie.”

Hanna staan op en Ester volg haar in ’n dwaal die gang af. Saggies stap hul die effens donker kamer binne. Die trane van blydskap rol sommer vanself oor haar wange toe sy haar kind daar in sy bedjie sien lê. Spekvet, rond en gesond. Die wange blosend. So anders as die uitgeteerd­e, swak kind wat sy onthou.

Sy stap saggies nader en staar lank na die oulike kleuterges­iggie. Sy kan nie glo wat sy sien nie en dank God vir die wonderwerk. Haar kind leef! Haar kind is gesond en versorg! So anders as wat sy verwag het.

Ná ’n ruk neem Hanna haar hand en lei haar weer saggies terug sitkamer toe. “Jy wonder seker oor Mark?”vra Hanna die vraag wat lank reeds in haar binneste brand en sy knik net. “Hy is dood, Ester.” Ester trek haar asem geskok in en die vrou talm ’n rukkie voor sy voortgaan.

“Mark het agt maande gelede ernstig siek begin word en is met kanker gediagnose­er. Hy het slegs twee maande oorgehad om te leef. Ons het jou by die gevangenis kom besoek, maar moes hoor jy is al ontslaan en waar ons ook al gesoek het, niemand kon ’n spoor van jou vind nie. Mark wou so graag vergifnis vra.”

Ester knik weereens dat sy verstaan en Hanna gaan voort.

“Ek het hom versorg en hy het my gevra om aan te bly tot ons jou opspoor. Hy het ’n brief vir jou gelos waarin hy alles duidelik maak, maar voorlopig kan ek vir jou sê dat hy alles wat hy besit het, aan jou nagelaat het.”

Hanna verskoon haarself om te gaan tee maak en los Ester alleen om alles te oordink en te verwerk. Dis so onwerklik en sy moet haar byna knyp om dit te glo.

Dalk as sy Mark se graf kan besoek gaan dit meer werklik klink. Toe Hanna terugkom, vra sy haar.

“Natuurlik! Gaan gerus,”moedig Hanna haar aan ná hulle die tee geniet het.“Klein Sammy gaan nog ’n hele rukkie slaap.”

Ester stap stadig die klein entjie tot by die familie-begraafpla­as. Die hek kners stram oop onder haar vingers. Die verroeste yster voel koud. Sy sien die nuwe graf dadelik raak. Stap stadig nader.

Haar oё dwaal vanaf die swart graniet waarop sy naam in sierletter­s gegrafeer staan tot by die engel wat wakend oor die beton troon. Die engelvlerk­e wyd gestrek. Die son verblind haar vir ’n oomblik en sy moet haar oё knip. Sy beweeg nog nader. Dit is tog . . . of is dit dalk die reën van vroeёr?

Oor die mooi engelbeeld se wange loop twee spore trane.

 ?? Foto ter illustrasi­e ??
Foto ter illustrasi­e
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa