Kuier

Deel jou geheime

Jy is in ’n nuwe verhouding, maar hoe eerlik moet jy wees oor jou verlede en persoonlik­e probleme? En wanneer is die regte tyd om jou nuwe liefde daaroor in te lig? DEUR AnDElInE WIllIAms-PREtORIUs

-

Eerlikheid is een van die belangriks­te aspekte in enige verhouding. Daarsonder kan geen verhouding positief floreer nie. Maar hoe vroeg is té vroeg om jou nuwe liefde oor jou baie persoonlik­e sake in te lig?

Indien jy aan ’n ernstige siekte ly wat dalk nie met die oog waargeneem kan word nie, moet jy jou nuwe liefde daarvan vetrel? Moet jy jou nuwe liefde inlig oor jou seksueel-onverantwo­ordelike verlede? en wat is die reëls omtrent die regte of verkeerde tyd om dit te doen?

Indien jy wonder of jy jou nuwe liefde oor ’n moeilike of ongemaklik­e kwessie uit jou verlede moet inlig, moet jy eers besin oor waarheen julle op pad is. Is jy ernstig oor jou nuwe maat en droom jy van ’n langtermyn­verhouding of om die res van jou lewe met hom deur te bring?

Indien jou antwoord“ja”is, is dit ’n goeie idee om jou nuwe maat in te lig, veral wanneer jy die gevaar loop dat hy oor jou kwessie by iemand anders gaan hoor en dit dan ’n negatiewe uitwerking op jul verhouding kan hê.

vrede met jou verlede

een van die beste maniere om op te hou vrees dat dit die einde van jou nuwe verhouding kan wees wanneer jou maat van ’n kwessie uit jou verlede hoor, is om vrede te maak met jou verlede.

Indien jy mense seergemaak het, gaan maak vrede of vra vir vergifnis. Op dié manier hoef jy nie die dag te vrees wanneer jou nuwe liefde moontlik daarvan sou uitvind nie. Inteendeel, jy kan dan self iets daaroor vertel en byvoeg dat jy om vergifnis gevra het.

Indien jy finansiële probleme ondervind, is dit belangrik dat jy in beheer daarvan moet wees. kommunikee­r met jou skuldeiser­s en vereffen jou skuld, selfs al kan jy slegs bekostig om ’n klein bedrag af te betaal.

Wanneer jou nuwe liefde dán oor jou finansiële situasie uitvind, sal jy jou nie te veel hoef te bekommer nie, omdat jy reeds besig is om dit hanteer of dit onder beheer het.

Die belangriks­te is om te onthou dat jy ook jouself moet vergewe vir foute wat jy gemaak het; vir verkeerde besluite of vir seer of skade wat jy ander aangedoen het.

Indien jy profession­ele hulp nodig het om ’n sekere kwessie te verwerk of raad benodig oor hoe om jou nuwe liefde oor ’n ongemaklik­e kwessie in te lig, is daar organisasi­es waar jy sulke hulp kan kry.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa