Kuier

HALLO KUIER-MENSE

-

Hierdie is ’n besonderse lekkerlees-uitgawe met ’n verskeiden­heid stories wat jou om verskeie redes sal laat regop sit. Elkeen se verhaal trek jou behoorlik in en laat ’n blywende indruk. Dit is ook baie lekker om met hierdie uitgawe ons hoofversla­ggewer, Ernusta van Wyngaard, van kraamverlo­f terug te verwelkom. Ernie is terug met die ware lewensdram­a en dit voel vir my die storie het vir haar gewag, want dis net Ernie wat jou kan vat tot binne-in die Fredericks­e se voorkamer (bladsy 10) en letterlik saam met hulle die stryd teen FOP laat stry. Ons bewonder Damian vir sy dapperheid en moes hard stry om hom nie te bejammer nie, want onwillekeu­rig dink jy terug aan alles wat jy gedoen het toe jy veertien was. Ek was toe op my woeligste en dis ook toe ek my grootste drome gedroom het. Hoe anders is dit nie vir hom nie . . . Damian, ons bid vir jou en jou gesin en my grootste wens is dat FOP nie ook jou drome sal wegvat nie. Wat die hart van vol is het my ook persoonlik geraak, want ek het ook in ’n skakelhuis grootgewor­d. Alles wat dieskrywer sê, is waar en ek sal daardie dae vir niks in die wêreld verruil nie. Mense, as jy van ons resepte hou, moet jy seker maak dat jy nie ons volgende uitgawe misloop nie – dis bespreek vir Kersfeesko­s. Dit gee julle genoeg tyd om jul beplanning en aankope te doen en ons kosredakte­ur, Karen Hart, is oorgehaal om ’n feesmaal soos min voor te berei. Ek kan beslis nie wag nie! Tot volgende keer,

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa