Kuier

WENNERS! VIR 2015

Kuier het ’n hele paar harte bly gemaak toe die wenners van ons beurskompe­tisie aangewys is.

-

Dit was weer ’n besonders moeilike taak om die wenners vir vanjaar se beurskompe­tisie te kies, want elke inskrywing het meriete gehad en die nood raak net al hoe groter.

Elke behoeftige leerder en skool wat ingeskryf het, verdien hulp, maar ongelukkig kan ons nie almal help nie. Ons doen ’n beroep aan ons lesers om in hul gemeenskap in te gryp en ’n helpende hand te verleen waar hulle kan.

Maar al was die taak bitter moeilik, kan ons julle daarvan verseker dat elkeen van ons wenners dit verdien.

HOËRSKOOLL­EERDER

Tatum Jody Jantjies (14) van Grabouw buite Kaapstad wen die R5 000-beurs vir hoërskooll­eerders. Sy is ’n gr. 9-leerder by Groenberg Sekondêre Skool in Grabouw. Haar broer, Grant, het haar vir die kompetisie ingeskryf. Tatum moet elke dag 25 km reis om by die skool te kom.

Haar pa (60) werk by Kromco in Grabouw en is die gesin se enigste broodwinne­r. Hulle sukkel om kop bo water te hou en daar is nie geld vir ekstras nie.

Ondanks haar omstandigh­ede vaar Tatum akademies baie goed. Sy is verlede jaar as haar skool se beste gr. 8-leerder aangewys.

“Dit is bewys dat Tatum haar nie laat onderkry deur haar omstandigh­ede nie. Sy is hardwerken­d en doelgerig”, sê Grant.

Hy glo die Kuier- beurs sal Tatum verder motiveer om te presteer en terselfder­tyd help om die finansiële druk by die huis te verlig.

Buite Wes-Kaap

Christophe­r Wilken (14) van Eersterust Sekondêr in Pretoria wen die spesiale beurs vir ’n leerder of skool van buite die Wes-Kaap. Sy tante Lulu Murray-Coetzee, het hom genomineer. “Christophe­r is baie vasbeslote en ek glo hy sal sy droom kan bewaarheid met die regte leiding en ondersteun­ing,” sê sy. Christophe­r wil graag ná skool“sy eie karre bou en regmaak”.

“Ek is baie opgewonde oor die R5 000, want ek weet dit gaan dinge vir my ma ligter maak. Daar is ook die skaaktoern­ooie en kitaarless­e wat ek dalk nou sal kan doen danksy die geld.”

Hy speel graag skaak ná skool, maar kon nog nooit aan ’n toernooi deelneem nie, want daar was eenvoudig nie ekstra geld nie. Sy ma, Ester Wilken (37), is ’n enkelouer en tans werkloos. Dit gaan meeste van die tyd raap en skraap om die basiese benodighed­e vir Christophe­r te kan gee.

Sy en Christophe­r deel ’n kamer in haar ma se huis, maar haar grootste wens is dat sy vir hom eendag ’n huis kan gee waar hy sy eie kamer kan hê.

“Ek is oorweldig”, sê Ester.“Die geld gaan baie gate toestop. Eerstens sal ons die agterstall­ige skoolfonds, asook hierdie jaar se skoolfonds betaal.

“Dan gaan ek ’n paar goed koop wat hy nodig het vir skool en met die res kan ons dalk vir hom kitaarless­e laat doen. Hy is baie mal oor musiek en speel goed kitaar.”

Mnr. William Louw, die hoof van Eersterust Sekondêr, sê Christophe­r het nog altyd kop en skouers bo die ander leerlinge uitgestaan.

”Hy is baie gefokus op sy skoolwerk, altyd netjies en toon besonderse potensiaal vir die toekoms. Christophe­r verdien beslis die beurs.”

HOËRSKOOL

Vanjaar het ons besluit om die R5 000beurs vir hoërskole aan die Hoërskool Spine Road in Rocklands, Mitchells Plain, toe te ken. Dié skool het geskiedeni­s gemaak deur die eerste skool van die Plain te word wat ’n 100%-matrieksla­agsyfer in verlede jaar se eindeksame­n behaal het.

Die skoolhoof, mnr. Riyaad Najaar, is veral trots, want behalwe dat al 233 matrikulan­te geslaag het, het 160 van hulle universite­itsvrystel­ling behaal.

Hy skryf die leerders se sukses toe aan die toewyding van die onderwyser­s wie lang ure ingesit het, maar dat dit uiteindeli­k die denkwyse van die leerders was wat dit beklink het.

“Dit was vir baie jare vir ons onbeskore en ons het dit vir die eerste keer in meer as drie dekades reggekry en dít met ons grootste klas tot hede,”sê Najaar.

LAERSKOOLL­EERDERS

Ons het die meeste inskrywing­s ontvang vir die beurs vir laerskooll­eerders. En omdat Kuier soveel leerders moontlik wil help, het ons besluit om nie net een wenner te kies nie, maar om die beurs te verdeel tussen vyf laerskooll­eerders. Die wenners kry dus elk R1000.

Die wenners is: Roberto Danster (13) van Stawelklip Primêre Skool buite Piketberg; Gérico February (12) van Spurwing Primêr in Eersterivi­er; Ethan Vorster (10) van Hugenote Primêr in Wellington; Henry Jansen van Vuuren (11) van die Laerskool Christiaan Beyers in Strubenval­e en Dorothea (Dorie) Europa (11) van De Heide Primêr in Bredasdorp.

Rebecca Danster het haar seun, Roberto, ’n gr.7-leerder by Stawelklip Primêre Skool, ingeskryf omdat sy as enkelouer sukkel om die beste vir haar kinders te gee sedert haar man in 2011 gesterf het.

“Ek kan nie die mas opkom nie en ek dink my kinders verdien beter,”het Rebecca aan Kuier geskryf. Roberto vaar baie goed op skool en is die beste presteerde­r vir wiskunde in sy graad.

“Hy kla of vra nooit vir enigiets nie en is altyd dankbaar, al is daar nie altyd kos nie.” Die beursgeld gaan gebruik word om vir Roberto skoolklere en ander toebehore te koop. Rebecca glo dat dit hom trots sal maak en motiveer om harder te werk.

Gérico February, ’n gr. 7-leerder by Spurwing Primêre Skool se ouma, Maria February, het hom ingeskryf. Omdat sy weet sy ouers sukkel, het haar“moeder-ouma instink”(soos sy dit noem) haar gedryf om in te skryf. “Hy het ook nooit regtig sy volle uniform gehad nie, net die basiese kleredrag wat ek kon bekostig”, noem sy. Maar sy het hom altyd herinner dat sy skoolunifo­rm nie sy skoolwerk moet beïnvloed nie. Met dié R1 000 wat aan Gérico toegeken word, sal sy vir hom sy eie skoolsweet­pak kan koop sodat hy nie meer ander kinders s’n hoef te leen nie.

Ethan Vorster, in graad 5 by Hugenote Primêr, se oom Fabian Meyer het hom ingeskryf. Ethan wat in Fabian se sorg is, is hardwerken­d en toon baie potensiaal, op beide akademiese en sportgebie­d. Fabian sê hy is trots op Ethan wat onlangs in die Boland se o.11-krieketspa­n opgeneem is. Die R1 000 sal Ethan help om sy eie kriekettoe­rusting te koop sodat hy sy volle potensiaal kan bereik.

Kobie Jansen van Vuuren het haar kleinseun, Henry, ’n gr. 5-leerder by die Laerskool Christiaan Beyers ingeskryf.

Henry of“Professor” (soos een van sy juffrouens hom noem) is ’n toegewyde mannetjie wie elke oggend reeds 05:30 by die skool afgelaai word en saans eers 18:00 huis toe gaan.

Ouma Kobie het die brief geskryf om haar kleinkinde­rs te help omdat Henry se pa in November verlede jaar sy werk verloor het. Die bydrae deur Kuier gaan baie help met Henry se skooluitga­wes, veral noudat sy sussie ook vanjaar skool begin het.

Dorothea (Dorie) Europa van Bredasdorp se voog, Adrie Stoltz, het dié gr. 5leerder by De Heide Primêr ingeskryf.

Sy beskryf Dorie as“baie voorbeeldi­g, baie leergierig en iemand wat boeke verslind”. Omdat Dorie se ma sukkel om vir haar skoolklere te koop, skoolfooie en ander skooluitga­wes te betaal, het Kuier besluit om Dorie te help met ’n R1 000-beurs.

LAERSKOOL

Kay-Dene Alexander (11), ’n gr. 7-leerder by Oklahomast­raat Primêre Skool in

Macassar naby Somerset-Wes, het die wenbrief vir haar skool geskryf. Sy het haar skoolhoof, mnr. Patrick Beukes, se toestemmin­g gevra om namens haar skool te skryf.

Haar brief lui:“Die rede hoekom ek graag wil deelneem aan hierdie kompetisie, is omdat ons skool finansieel nie sterk is nie. As gevolg van die sosiale probleme in ons gemeenskap, is een van die grootste faktore wat daartoe bydra, die groot werklooshe­idsyfer wat daartoe lei dat skoolfooie nie betaal word nie.”

Volgens Kay-Dene, kan die beurs help met skryfbehoe­ftes, ander belangrike benodighed­e, regmaak of verf van die toilette of om selfs die skoolbanke te vervang.

Hoewel die skool ’n toelaag vanaf die WKOD ontvang, is dit egter nie genoeg nie. Sy noem ook trots dat die skool self inisiatiew­e soos hul Markdag begin het om geld in te samel.

 ??  ?? HOOFFOTO: Van die Hoërskool Spine Road in Mitchells Plain se topmatriku­lante. Die skool het vir die eerste keer ’n 100%-slaagsyfer behaal. Die skoolhoof Riyaad Najaar staan tweede van links.
HOOFFOTO: Van die Hoërskool Spine Road in Mitchells Plain se topmatriku­lante. Die skool het vir die eerste keer ’n 100%-slaagsyfer behaal. Die skoolhoof Riyaad Najaar staan tweede van links.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? VANLINKS:Wenners TatumJantj­iesen haarbroer,Grant; Christophe­rWilkenen
Kay-DeneAlexan­der.
VANLINKS:Wenners TatumJantj­iesen haarbroer,Grant; Christophe­rWilkenen Kay-DeneAlexan­der.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa