Kuier

Kollig op . . . taylor swift

Dié poposter se trefferlie­djies kan enigiemand in ’n groot aanhanger verander.

- deur AMY JOHNSON

Aanhangers het haar byna ’n dekade gelede leer ken as ’n country-sangeres van Nashville, Tennessee, maar Taylor Swift het die afgelope paar jaar verander in ’n popster met wie daar rekening gehou moet word. Sedert sy in 2006 haar debuutalbu­m,

Taylor Swift, uitgereik het, het sy sewe Grammy-toekenning­s gewen, meer as 30 miljoen albums verkoop en haar liedjies is meer as 80 miljoen keer wêreldwyd afgelaai. Sy is verlede jaar ook benoem as die tydskrif Time se Persoon van die Jaar. Taylor ry nou die golf van haar sukses en jy kan eintlik nie help om te wonder wat volgende is vir dié blonde bom nie.

Taylor (24), wat bekend is vir die liedjies “Blank Spaces”en“Shake It Off”, het in Pennysilva­nië in Amerika grootgewor­d en op 14 het sy en haar gesin agter haar musiekdroo­m aan Nashville toe getrek. En toe sy eers begin, was daar geen keer aan haar nie. Aanhangers het haar as’t ware op die verhoog sien verander in die superster wat sy vandag is.“Toe ek eers besef ek geniet dit om op te tree, wou ek teaterwerk doen. Ek het toe altyd New York toe gegaan om oudisies te doen. Ek het toe ook stemklasse in die stad begin neem,”het sy in ’n onderhoud aan billboard.com gesê.

Haar ma, Andrea, is ’n groot invloed in haar lewe en verskyn ook in twee van haar musiekvide­o’s.“My ma het my toegelaat om een jaar op ’n slag groot te word. Almal (kwaadprate­rs) wou hê ek moes ’n cliché word en nie ek of my familie sou toelaat dat dit gebeur nie.”

Sy het haar eerste album geskryf toe sy 14 en 15 was en het onlangs in ’n onderhoud gesê al haar albums is in ’n mate dieselfde.“Die formule het nooit verander nie. Ek probeer altyd ’n album maak wat die laaste twee jaar van my lewe weerspieël. Mense het eintlik oor die laaste 10 jaar my dagboek gelees.”

Taylor het ook openlik erken dat sy liedjies oor al haar ekse geskryf het en dat hulle haar grootste inspirasie is. Hollywood-hunks met wie sy romanties verbind is, sluit in die High School Musical

akteur Zac Efron, die Twilight-ster Taylor Lautner, die Bubble Boy- akteur Jake Gyllenhaal en die sangers Harry Styles, John Mayer en Joe Jonas.

In 2014 het sy haar vyfde album, 1989, uitgereik en niemand in haar span het geglo die verkope sou een miljoen haal nie. Maar bo alle verwagting­e is drie miljoen albums in die eerste drie weke verkoop. En volgens billboard.com moes selfs haar rekordbaas sy woorde sluk.

“Ek het lankal geleer dat die mag van Taylor Swift nie onderskat moet word nie,”het Scott Borchetta, die hoof van Big Machine Label Group, gesê.

“Ek het net dit gevolg waarheen ek al jare lank op pad is.,”sê Taylor.“‘I Knew You Were Trouble’was ’n groot teken. Ek het gedink mense gaan nie daarvan hou nie, maar nadat dit sewe weke boaan die trefferlys­te was, het dit gevoel asof ek iets nuuts doen wat reg voel. So ek het besluit om dieselfde rigting te gaan vir dié album.”

Verlede jaar was ’n groot jaar vir Taylor en as sy by haar wenresep hou, kan sy net groter, beter dinge te wagte wees.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa